KATEGORIE: Verkeerde Woorde – job
KATEGORIE: Verkeerde Woorde In ander „Taaltirades” van my het ek al oor hieries-en-daries stormgeloop. Waarteen ek graag raas, is besonders dom woorde. Of woorde wat verkeerd gebruik word. Of nog erger engelse woorde (wat verkeerd of onnodig ingesit word). Daarom moet ék ekstra oppas dat so ‘n blaps by mý nie gebeur nie: Of Engels […]
Seshonderd Rupees
Dalk ken jy niks beter nie glo dis hoe die lewe is weet nie van kind wees nie of dit wat jy daarvan mis… Te vroeg te vinnig van jou reg as kind ontneem jou menswees en kinderhart met armoede heen. Jou kinderlike onskuld is met jou weggedoen deur die krotbuurthonde wat hulself liefdevolle ouers […]
Slawekind (Haiku)
Mumbai slawekind seshonderd rupees té veel herfs – jou hart se lot
Sê Net Dankie
‘n Baba wees gelaat. ‘n Boemelaar honger op straat. En dan het ons nog die “cheek” om soms te kla. ‘n Kindjie afgeknou. ‘n Lyfie seer en blou. En dan voel dit of ons soveel berge dra. Kom ons wees net dankbaar. Wees eerder net dankbaar. Kom ons sê eerder dankie, dankie vir als wat […]
RESENSIE: WELCOME TO NORWAY, die film
WELCOME TO NORWAY, die film Europa beleef ‘n immigrasiegolf, nee, ‘n branding soos nog nie vantevore nie. Nie net weens die Siriëkrise nie. Uit alle rigtings kom die mense in duisende hier aan. In Duitsland word skynbaar oor ‘n miljoen „onvrywillige immigrante” verwag – jemand het „per jaar” gesê. (Origens die VSA het ‘n boonste […]
Geld gewysig
‘n euwel in een se oog ‘n vreugde vir die ander sin die rykes het so baie die armes so min waar is die vloei in die? die rykes klou vas die armes word net armer waar is die balans? miskien het ons bietjie vloei nodig miskien gee n’ bietjie meer miskien kom dit dubbeld […]
Die T-SJÛÛTMAN se DOGTER
Die T-Sjûûtman se Dogter Ek wou iets by die t-sjûût-drukker hê, en in die wagtyd het ons oor ons Afrika-ondervindings gesels: Hy’t vertel dat sy dogter en haar man met ‘n ander paar in Suid-Afrika op vakansie was. Die laaste aand wou die twee vroue saam girl’s night out sonder die mans vier. Die twee […]
Die SAKKEROLLER se VERHAAL
Die Sakkeroller se Verhaal Op die vlooimark Sy was ‘n pragtige meisiekind, jonge vrou moet mens sê, kaalvoet met sterk bruin kuite. Haar rok het om haar knieholtes gefladder, en was stram om haar heupe gespan, en die welige haarbos het haar skouers gedek tot waar die bloese en haar gehekelde tjalie gereik het. Van […]
Resensie: PRECIOUS, die film.
Precious, die film ‘n Lelike meisie in New York, sestien jare oud, vet, swart en dom, is swanger. Haar vader het haar nou al die tweede kind gegee. In die loop van die verhaal hoor ons dat hy aangevang het toe sy drie jare oud was. ☼ Maar nou word sy uit die skool geskop […]
Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]