Resensie: MY HART DANS, die film
My Hart dans, die film ‘n Seuntjie kom in die winkel om kaas te koop; die winkelier is besig met pryse uitreken met ‘n leweransier. „Hoeveel kos drie-honderd kilogram van dit-en-dit teen soveel-en-soveel ‘n kilo? En twee-duisend liter van dat? En dat…? En dat…? Nou my kind?” Soos uit ‘n pistool kom die antwoord geskiet, […]
Geroes-geanker
Hier waar jy lӗ langs die pad met ylblou deur wit mistigheid en suising heen Waar gaan jy heen? het die lewe jou nie geleer om rustigheid te vind en om situasies beter te hanteer Hier waar jy opkyk na die donserige maan maar daar is nou ook kronkels oral om jou deur verloopte jare […]
‘SKUUS MENSE!
Liewe Anze ♥, liewe medeskuldiges, liewe vriende, liewe [û-ûm, ûr, êrg, c]:o(…], nouja, liewe mense, ‘n paar maande gelede het ek die beleefnis gehad dat ek nie tot inkorgza kon deurkom nie. Ek het in my onwetenheid allerhand mense geteister en getreiter – ook my seun wat in ‘n aaitie-firma werk – maar dit het […]
Meneer Adams in Drukkerystraat
“Mnr. Neil moet vir hom cinnamon oil kry; daai goed is goed vir die bors…” Herbert P. Adams is ‘n lang, skraal, sestigjarige gryskopman met baie merke op sy kerfstok en tronktattoes om dit te bewys. Herbert is ‘n huislose straatbewoner van die die Kaap se onderdorp, maar met sy keur van Afrikaanse taalgebruik, kon […]
Wie sal genade wys
Wie sal genade wys as houtskool op kartonne tevergeefs smeek teen honger en seer wie sal genade wys as gebroke handjies vra vir weinig meer as n brood wie sal genade wys vir man, vrou selfs n kind hul ashoop-lewe waar hul snags hul here begrawe waar duiwe skuil wie sal genade wys as die […]
Sorrie
“Ek vra: Het djy maskien passeerde nag die dood se pêrre ingewag dat djy vandag so dikbek hang? Want hoekom is djou lip so styf getrêk soos styfgespanne voëltjiesrêk of waterskilpadvasbytbêk?” (…Ek siet die grafnismense loep ve’by in Winkelstraat, hoor hoe gladbêk hulle oor die vrou wat dood is praat en elle’s kweel ‘n tjind […]
Boemelaar
met jou ou flenter-vodde hoed oë stokstyf starend na niks diep-kerf plooi vergete gisters en hand wat bedelend bewe hoekom so mors met jou lewe steeg en karton is jou woning daar’s vir jou geen ander plek hoeveel lang, koue winters lê jy hier plat, vuil uitgestrek met kankervlekke oor jou lyf niksseggend, taai-strak gesig […]
Zoempies se klikkette-klak
As daardie vetgesmeerde treinwiele gratis draai, wag jy nie eens vir ‘n kaartjie nie – jy klim bloot met ‘n stink spoed op. Maak nie saak of die ding Zoem-Zoem, Zumba-Zumba of Zuma-Zuma maak nie. Jy ry vir hom met jou lilly-white-sorry-a$$ tot die wiele geroes vashaak. Iewers teen die einde van verlede jaar kom […]
Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Kaja
Sy staar verlangend na die rook wat haar herinner aan die digte mis op haar berg in die Kaap. Sy verlang so vreeslik na die baai en haar meeue. Die wit sand korrels roep haar terug uit die agterstrate van die plakkerskamp waar sy nou woon. Dig op mekaar staan die “kaja’s” met skaars n […]