Resensie: PRECIOUS, die film.
Precious, die film
‘n Lelike meisie in New York, sestien jare oud, vet, swart en dom, is swanger. Haar vader het haar nou al die tweede kind gegee. In die loop van die verhaal hoor ons dat hy aangevang het toe sy drie jare oud was.
☼
Maar nou word sy uit die skool geskop en moet van voor begin, en sy kom in ‘n besondere skool vir sosiale drop-outs. Die meeste meisies is swart of hispano’s (Amerikaners met spaanse agtergrond, aldus uit Suid- of Middel-Amerika). Die ene was in die dwelmszene, die andere „op die straat”, … Elkeen het haar eie rede waarom sy hier is. Maar almal wil leer lees en skryf en die agte of miskien tiende klas in die skool haal. Hulle het almal besef dat dit nie meer so kan voortgaan nie.
Precious woon by haar ma wat haar gedurig sowel fisies asook psigies aanrand: Sy is „dom”, „’n nuttelose vetgat” wat niks kan doen nie en buitendien „stoklelik”, en sal nooit ofte nimmer ‘n eie man kan kry nie, en die enigste rede waarom die moeder haar in die woning duld, is weens die welsynsgeld wat sy vir ‘n minderjarige kind kry. Precious se eerste kind is ‘n mongoloïde seuntjie („Mongo”) wat by haar ouma bly en slegs die eie ouma op díe dae besoek wanneer die vrou van die welsyn op huisbesoek kom, want hy is ook as eie kind by haar aangemeld.
Langsaam-langsaam gee Precious haar geheim aan haar nuwe onderwyseres en aan die welsynvrou prys. Die kind word gebore en Precious loop met hom van die huis af weg. Nog altyd het Precious drome, veral dagdrome waarby sy in ‘n feeprinses, of ‘n Hollywood-star, of ‘n popsangeres of soiets verwandel, en dit dan besonders wanneer iemand haar aanrand of op haar skimp, sodat sy tussen twee wêrelde heen en weer pendel.
Teen die einde van die film kom dan die groot showdown in die kantoor van die welsynvrou: En nou, hoe lyk alles uit die moeder se blikwinkel? Die moeder wat tot dusver so swart geskilder is: want sy het gewéét! Ook sy het gely – vanaf die tyd toe haar driejarige dogter „haar man van haar weggesteel het”! ‘n Heel nuwe perspektief en ‘n aspek wat só nie behandel is nie. Of te verwag was nie!
☼
Altwee groot kerke in Duitsland, evangelies en rooms, span saam om ongeveer eenmaal die maand Sondagaande ‘n film met dieper delwende problematiek te bring; dikwels gaan dit om buitestaanders in die geselskap; menige filme behandel sosiale misstande, of „die onweegbaarheid van God se wil”. Hierdie film tref aldrie doele in die kol.
Dis nie ‘n „mooi” film met ‘n tipiese amerikaanse happy ending nie, dis inderdaad ‘n afskuwelike film … Nee, dis ‘n film oor ‘n afskuwelike onderwerp.
☼
‘n Goeie film. Lelik maar goed. Op ‘n manier. Soos Precious self.
☼
©12e. Januarie 2017ink_________☼______________ (18 Okt 2011) tje
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
Die film is bitter goed. Dit is kru....maar die werklikheid is wragtig ook kru. Interessant was die ma se reaksie toe die maatskaplike werker haar ondervra. Sy het geen beskermende gevoel teenoor haar kind gehad nie, maar was jaloers!!