Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke Poison Ivy jy om die golwe in my brein vat jy my hand mosselskulp dit toe in joune wys jy my jou droomland se strand vat my sagkens om my middel daar waar my rug soepel buig dan lei jy my jou seestrome in jy, my meerman en ek, jou meermin.
As jy tussen sterre ‘n draai gaan maak …
oom Frank het gesê “fly me to the moon let my play amongst the stars” hoe het hy geweet my hart wag vir jou daar as jy later vandag tot by die maan vlieg bring vir my ‘n klippie saam skryf daarop ‘n liefdesbrief as jy tussen sterre ‘n vinnige draai gaan maak onthou om […]
Drome is bedrog …
as drome waar was, was jy nou hier by my en sou ek my teen jou bors kon vly as drome waar was het my oë geblink en sou my gedagtes vonkelwyn skink as drome waar was, was my hart nie seer en sou ek nie kon wag vir volgende keer as drome waar was, […]
Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing ek sien die winter op die grond as ek wakker word is ek alleen die maan ‘n groot bal, koelrond daar is stilte in die lug in my kamer, rondom my tog hoor ek jou nog fluister in ‘n droom so pas verby ek kan nog altyd dink […]
Die mooi van die donker
Ek weet ek smag na die passie en die hunker die verlange van voel terwyl ek moet lewe om te strewe na vrede en rustigheid maar ek soek die seer van (te) lief wees en na die vraag binne jou wat ook in my is terwyl ek weet ek moet vergeet van die magiese donker […]
Hoor ons noodkreet O’God ..
Gee ons vrede op aarde, dit is ons noodkreet o’Heer. U regeer, wees die antwoord op ons gebede. Want ons glo in U, U alleen is ons Regeerder. Beskerm ons volk teen die vyand, want hul slaan toe keer op keer. Gee ons die nodige wysheid O’God, om teen die vyand te wen. Hierdie is […]
Maak oop jou hart se deur sodat jy van vooraf kan leer…
Liefde bedek die hart se seerste wonde, wanneer jy weer liefde vind na ‘n seer tyd, is dit beslis ‘n baie goeie besluit, om weer iemand met jou hart te vertrou, en weer vir iemand te sê:” ek is lief vir jou.” Dit gebeur nie sommer net vinnig nie, want mens moet van vooraf leer […]
Agter die pienk deur
Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy doen. Haar hand rus ’n oomblik […]
Kuierplek in my hart …
bring jou matras en bring jou kombers bring jou gunsteling kussing met die sloop van pers bring jou eie koffiebeker en hout van die ou kremetart en kom maak vir jou ‘n kaggelvuur-kuierplek hier diep in my hart © borrels
Amber
Amber sak die son weg in die oseaan. In afwagting bekruip die nag die horison en ’n nuwe seisoen sal uitbroei as die son weer opkom Amber rus ons liefde, in afwagting dat dit weer ontspring, soos ou sade versprei, verspoel en verwaai terwyl die herfswind deur ’n tapyt van blare kattemaai. Amber sterf ’n […]