Die volgende dag
… en die wolke Altocumulus in die hemelblou lug terwyl my hart skree van pyn want jy het my weggegee al weer en my mond glimlag want die wolke is so wit teen die hemelblou lug terwyl ek weet ek moet vandag mos eintlik al beter voel want vandag is die volgende dag na die […]
Gee my ‘n land
Heinings impuls skokgolwe roldrade lemmetjiekerf duiwelsvurk pronk op elk’ tweede erf AfstandbeheerDE elektroniese hek batterye gee gees mens word stapelgek Antwoord die deur ’n traliehek keer dubbeldraai sleutel probeer maar weer Waar is die gelag en speel in die nag so sorgeloos vry net die bure en jy Ag dis ’n helse ding wat staalblomme […]
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]
Steurnis in die nag
Ek staar na die dak en luister, luister na die niks wat op my gil. Die vertrek is donker,die hele huis, stil. Al wat ek hoor is die stilte se fluister. Die dikdonker word dikker, die stilte wurg my. Nog ’n nagrus daarmee heen as die slapeloosheid oor my reën.
Ek offer vir jou
”k breek in diep ontferming vir jou ‘n broodjie saam met die visse van ‘n kobaltblou see dan buig ek stom en skep bakhand uit die Eufraat se vloed dat die son weer oor jou geluk sal gloed ‘k doop jou met die hoopvolle wete dat jy kan vergeet om te onthou dat jou seerkry […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]
Jou vel was sag maar jou baard was hard.
Ek het gisteraand van jou gedroom na amper tien jaar het ons ontmoet daar was ’n kampvuur en ’n rivier daar was maanlig en naggeluide jou skouer was welkom en daar was eelte aan die binnekant van jou hand en soos ek oor jou wang gestreel het het ek besef hoeveel ek daarna verlang.
In ‘n hartseer land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Die boemelaar, op die groen bank, by die verkeerslig.
Ek bestuur, een hand om die stuurwiel gevou terwyl die ander ’n KFC rounder vashou en die verkeerslig is nou ’n stopstraat (’n aansteeklike siekte in die dorp) en op die hoek van die straat onder die dooie verkeerslig sit ’n ou boemelaar (heel gemaklik) op ’n groen rusbank en lag vir al die mense […]