Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby gewoede weerlig hoor blits uit die hel donder gehoor in jou stiltes sy ken jou sy hoor jou ook miskien volg sy die verskuilde toekomsspore in jou oë; daggestaltes van die geel skynsels in jou son. Soms glip sy terug in die gleufies van jou spinnekopweb oor haar […]
Die Feë van Bremen
Die woestyn was ‘n woeste plek. Vier Feë – ‘n swart-en-bruin Feetjie Hond, ‘n pikswart Feetjie Kat, ‘n veelkleurige Feetjie Haan en ‘n grys Waterperd – loop sonder hoop in die verlate sand ryk. Tony die Feetjie Hond doen sy bes om die koelte oor hul almal te hou. Soos hy hyg beweeg die koelte […]
Eva se lente
As jy weer minne-woorde skryf onthou om nie te vergeet van haar lente wat oor jou siel dryf wat die nadraai van jou winter te ontleed Op die sesde dag was alles mooi en dit was winter en skielik net lentegeure toe Hy jou ribbebeen deur haar gooi ontwaak jy in ‘n paradys vol geblomde […]
Eggo
Jou eggo pen my vas waar die ink deur jou hart lek en vreedsaam weergalm deur my binne-mens hier waar ek stom-skugter skuil in die diamant glinster van jou oog. Jou woorde smelt oor my doofstom-bestaan tot waar die sekelmaan se bo-punt krul en verlos die monster in my apokalips. Ek wens ek kon wegsweef […]
voodoo-p0p
Ek dra my hart op my mou. Jy knip dit uit. Jy vat dit vir jou. Jy sit dit in jou skoen en trap daarop…. My mou ‘n gapende gat- hul stik dit weer toe en borduur ‘n skewe glimlag op my gesig, maar die gare raak op. Jy speld jou woorde deur my kop […]
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig om die warm gloed van jou liefde vleg; my lippe morfotologies hang aan elke fonomorfiese woord wat heuningsoet oor my spoel. Jou selfs toelaat om deur die sagkant van my sonstrale te bars; om reënboogsplinters te strooi oor die stofpad van my hart. Maar nou staar jy net na jouself in […]
Ken jouself
“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en soene wat soos sterre om jou sal skitter; sy sien hoe jy begeertiglik staar asof die son, maan en duisende planete om haar draai; maar sy sien haarself ook […]
Eeublom
Lente skemer oor gletser-riviere mits dese ontwinter my hart ook bietjie-vir-bietjie ek koffer jou sneeu groet jou kil-stiltes vir goed eeukaktusse blom mos eers na honderd jaar altoos seisoen ek voetstoots vorentoe deur sidderendsmis, my eeublom in sig. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Die Veldmuis
‘n Yswind waai die droë gras en blare oor die bruin veld. Die hase hardloop en boks wanneer hulle mekaar se paaie kruis. Blou-grys tarentale wei in hul trop – die enigste kleur in die dorre gebied. ‘n Muis skarrel agter ‘n dorre boom in en hou als nuuskierig dop. Feetjies land saggies agter ‘n […]
Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]