Pers Vonkies
‘Jy kan dit nié aan boord bring nié!’ Jess kyk bekommerd rond voordat sy in die man se oë staar: ‘Ek kán dit aan boord bring.’ ‘Nee, jy kan nie,’ sê die matroos met ‘n vinnige skud van sy kop. *Jy kan die res van die verhaal in “Eens…” lees in sagteband deur […]
Prinses van Eggo’s
Liesl loop die donker steen gang af. Sy kan skaars haar opwinding beteul. Haar elf susters giggel agter haar. Sy kan steeds nie glo dat hulle ook saam met haar elke aand gaan dans nie. Veral omdat musiek verbode is in hul koninkryk. Sy skud die ongemaklike gedagte weg en reik uit na die harp […]
Die Wensmeester
Al die kerse was aangesteek, tog kan die lig nie deur die donkerte breek nie. Vandat die laaste magiese gedierte gejag en in die kasteel se binnehof doodgemaak is vir almal om te sien is die spieëls dof en het vuur opgehou om lig te gee. Die sonlig is gedemp, maar dit was beter as […]
Asvaal Prinses Deel 2
Carina teug gelukkig aan haar koffie. Nie eens die feit dat dit al hoe kouer word hoe langer sy drink kan haar gevoelens verander nie. Haar stiefsusters sweef die eetkamer binne, besig om oor die bal te klets en kyk nie eens in haar rigting nie. *Jy kan die res van die verhaal […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Ter voorbereiding vir my NaNoWrimo-boek (deel 1)
Sommer net ‘n stukkie storie ter voorbereiding van my NaNoWriMo-boek Papier en porselein. xxx “Jy behoort te weet hierdie deel van die dorp is nie veilig nie,” sê die man. Sy asem ruik na goedkoop drank, sy rotagtige oë rooi. Hy stamp die swart keilhoed van Misha se kop af en lag toe hy die […]
Asvaal Prinses Deel 1
Die koue is party dae so erg dat Carina binne die vuurherd wil klim vir ‘n bietjie hitte. En somtyds doen sy dit – al beteken dit dat Vivian en haar dogters hul neuse vir haar optrek. Partykeer is dit beter om warm te slaap as om almal gelukkig te maak. Al bly die as […]
Erfnis
Die pen sweet swaaiend in haar hand woorde hannekraai deur ink strepe wanneer sy kwyn na stof en sand sal hul akkoorde blom met haar lettergrepe. Vir haar kinders wou sy wees ‘n ware moeder in vlees onsterflik in gees ‘n boorkern sonder vrees. © Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Dwaalligte en die Donkermaan
Die stories gaan almal dieselfde: haar ouers het haar vir ‘n heks se vrugte verruil. Die stories sê almal dat haar ouers meer omgegee het oor vrugte as oor haar. En miskien is dit nie té ver van die waarheid af nie. Emile hou die meisie van sy drome dop waar sy in die maanlig […]
Ek is niemam
Niemand sien my meer of weet wat my hart begeer miskien iets heel eenvoudigs soos om net te luister na jou stil onegalige hipnotiese asemhaling koesterend in die lumier van ons kamer Niemand sien waar ek faal of weet waar my gedagtes dwaal miskien op ‘n vreemde kontinent met jou donker silhouëet afgeëts op die […]