Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Maanengel
Dis koud in ons kamer die wind waai stil deur die huis dis al Augustus in die Boland en die skepping se stof hang buite tussen Peperboomblare en die oop ruimtes in my kop ek is soms nog jy of ons my gedagtes vertak verder deur die donker gange van ons stil woning versink ook […]
Ek wens ek kon skryf soos ek droom
daar was ‘n draak in my droom gisteraand na die dertiende uur toe die nag sy donker begin oprol hy het vuur oor my gespoeg ek het in angs roerloos in my bed gelê en gewens dat ek kon skryf soos ek droom vreesvol, sielloos, geesvoos en bebroke met ‘n malse honger wat waansinnig soek […]
Retoriese Ruimtes
Buite die sfeer van my binnedenke verstaan ek dat tyd relatief om alles hang soos ek en jy en ons bestaan en alles wat stelselmatig elke sekonde vergaan alom die kern van veranderende winde wat hulself eeuloos herhaal selfs saam met my wens dat ons dieper kon wees as net gedagtes, vel en been veral […]
Nagdenkers
hoekom die donker altyd die abrupte verdeling van tyd minderwaardig sal laat lyk weet mense soos ek ook nie vraagdun verhale speel daagliks af tussen mense, dinge, natuur emosies, die heel gebroke en die half geheeldes almal lewe asof tyd geen einde ken maar saans in die stilte van selfsoek wonder mens oor wonderlike werklikhede […]
Ons
Vanaand mis ek ons. Ek mis sorgelose skater en ondeundheid wat sonder skaamte of toestemming in ons oë kom vonkel. Ek mis laat aande en glase wyn. Ek mis die musiek wat ons harte ligvoets en onopmerklik aan mekaar kom snoer het. Slu het elkedag en maandeindes hulself met dieselfde onopmerklikheid in ons gedagtes kom […]
As my hart op hol raak
As die stilte om my te veel raak en my gedagtes begin raas voel ek hoe my hart hunker om terug na jou te haas – deur die krater in my binneste waar verdriet opnuut ontvlam wanneer trane van verlange opslag in my opdam As my gedagtes weer ophol raak soos jy deur my denke […]
Die Nooientjie
Die afgelope paar dae het ek Facebook-boodskappe en e-posse gelees en verskeie gesprekke aangehoor. Aanvanklik het ek my min daaraan gesteur. Ons lewe in ‘n tyd waar verandering die norm is. Om ‘n nuwe straatnaam en ‘n nuwe dorpsnaam te sien, is alledaags en ‘n tipe aanvaarding het onbewustelik pos gevat. En toe onthou ek […]