Plengoffer – Eduard Smith
Ken julle die plengoffer wat aan die bodem van my glas kleef: daar skarrel asems in klein korrels teen die buitewand wat in plaste niks versamel lê. ‘n Losspel vandag maak groot treë weg van die opening in die bottel wat kurkloos vir volmaak(theid) wag. Soos ons lewe en laat leef hang goeie voorneme meters […]
VAARWEL, MY GELIEFDE
Liewe Winter Ek dreig al so lank om vir jou te skryf, maar elke keer bedink ek myself. Elke keer dink ek dat ek jou nog net een kans gee – een kans om te bewys dat jy my nie verraai het nie. En toe, uiteindelik, besef ek dat dit nooit weer soos voorheen kan […]
MEI 2019 Projek Uitslae en Kommentaar – INK MODERATOR
Beste INKers, Gun my die geleentheid om dankie te sê die heerlike samesyn die afgelope jare. Hierdie is my laaste beoordeling voor ek die taak aan ‘n nuwe hand oorhandig. Dit was altyd ‘n grootse voorreg om tussen julle werk te kuier, en op my gebroke manier te probeer bydrae tot julle ontwikkeling. Ek wens […]
Ma
Die sigaret hang skeef aan die binnehoek van jou mond. Jy lag en draai jou gehoorstukkie ‘n aks hoër op. Ek speel saggies met jou sout en peper hare, die krulle wip wip in die wind. *** Ma, my hart verlang in skerwe vandag. Stukkend, gebroke, skerp stukkies onthou wat diep sny en wonde los […]
APRIL PROJEK: UITSLAE deur INK MODERATOR
Ink – April Projek uitslae Gedigte: WENNERS: Gedigte – Brons 1ste : Ruby – Magret Cordier 2de: My oups Klaas en my ouma Nettie – Marieta McGrath 3de: Die nagmaal – Ronnie Gedigte – Silwer 1ste: Die pouse – Erika Viljoen 2de: Is daar Whisky in die hemel? – Loretta Szikra 3de: Black hole – […]
Dagbreek
vanoggend toe die dag om my breek wou ek my hande na jou toe uitsteek maar daar was nog dou aan my drome en nanag asems wat fluister deur die bome ek het my kop weer diep onder die kussing ingedruk voor die eerste sonstrale my kon insluk ja, vanoggend toe die dag om my […]
MAART 2019 Projek: UITSLAE deur Inkmoderator
Maart Projek: Intertekstualiteit Wenners: Gedigte: GOUD: 1. Sprokieloos – Carma Shaw 2. Arboretum – Carma Shaw 3. My allerliefste – Anzé Bezuidenhout SILWER: 1. Pop song – Charleine Collins 2. Binnevlug – Caren Kearley BRONS: 1. Agterprater – Barbara Smit 2. Reddingspan – Ronnie 3. Lynne Lexow Dik sus praat GORREL: Geen ARTIKELS: 1. Bring […]
Februarie 2019 PROJEK Uitslae
Beste Deelnemers Ek kom nederig om verskoning smeek aangaande die uitslae vir die Februarie projek. Ek het baie skade gehad na aanleiding van beurt krag en moes al my rekenaar gereedskap vervang. Al die inligting op die ou hardeskyf is verlore. Ek het die afgelope Woensdag die nuwe rekenaar ontvang en spook huidiglik om op […]
Binnevlug
Alleen by die huis winter somer eensaam in die donker gange vol vrees wat nagklanke herstil in die donker gange waar alles verdwyn in die donker gange met diknag kloue buite myself (met bloed op my hande en vuiste gebal) stap ek na môre stap ek verby gister stap ek ver weg deur velde vol […]
Vandag is my pa 60 (17 Maart 2019)
Vandag is my pa 60. Hy is oud. Ek meet dit nie in jare nie, my ouma is immers al oor 80 … nee, hy is oud van leef. Oud van stresse wat ek eers nou in hom begin raaksien. Oud van siektes en kwale. Oud van kinders en kleinkinders. Oud van staande bly en […]