Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
JANUARIE 2019 PROJEK UITSLAE – Ink Moderator
WENNERS: GEDIGTE: GOUE KLAS: Wenner: Tanka 3 – Carma Shaw 2de: Tanka 1 – Carma Shaw 3de: Tanka 2 – Anzé Bezuidenhout SILWER KLAS: Wenner: Tanka 3 – Erika Viljoen 2de: Nuwejaar 1 – Estelle 3de: Tank a 1 – Erika Viljoen BRONS KLAS: Wenner: Woestynedrome – Calice 2de: Oujaar 1 – Marieta McGrath 3de: […]
Januarie 2019: Kommentaar en uitslae
Beste INKers Vergun my jul lankmoedigheid in hierdie verband. Die uitslae vir hierdie projek sal nié later as Woensdag 13 Februarie 2019 gepubliseer word nie. Ek vra nederig om verskoning hiervoor. Hou die spasie dop. Skryfgroete IM
Profiel
Skets van jou, leweloos lewend, staties, bewegingloos hartseer pluk aan jou mond denkend tussen jou oë lê ‘n ligte frons maar jou woorde verander die uitdrukking in jou oë en soms net soms kan ek my verbeel daar’s ‘n glimlag versteek in die hoeke van jou mond sien ek jou lag hoor ‘n kop knik […]
DESEMBER 2018 PROJEK: Kommentaar en uitslae – Inkmoderator
INK: DESEMBER 2018 PROJEK: UITSLAE EN KOMMENTAARWENNERS:GEDIGTE:GOUD:1ste: ‘n Klein verhaal van groot tragiet: Carma Shaw – 91%2de: Verslane loutering: Anzé Bezuidenhout – 87%3de: Die versteende son: Anzé Bezuidenhout – 79%SILWER:1ste: Hand aan hand: Caren Kearley – 82%2de: Bitternag: Caren Kearley – 72%3de: GeenBRONS:1ste: Klaar! ‘n vlamoorlog in Boers: Charleine Collins – 82%2de: Wedloop van geloof: […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
‘n Nota op jou kopkussing (6)
As ek die dagbreek vir jou koop En dit met linte aan jou hart vasknoop sal jy my asseblief dan sê hoe vêr jou liefde rêrig lê? © 21/12/2018 Anton Bosch
Is daar sein daar in die Hemel?
Is daar sein daar in die Hemel? Sal ek jou kan bel? En as jy dan sou antwoord sou jy my kon vertel dat jy my baie liefhet? Of sou jy ander nuus hê van die goue strate en die see van blou Kristal, Van die stad met baie poorte ‘n volle twaalf is hul […]