Aandete, ontbyt en ander seëninge..
Jy hoor net potte en panne in die kombuis, ouma is besig om ‘n feesmaal te kook. Jou pens gorrel van die heerlike reuke wat in die woonstel hang, ja dit is ‘n gegeurde rook, as jy van die werk af kom en jy ruik dit, weet jy versker, jy is tuis. Vinnig loop jy […]
Waarvoor sou ons Lééf ..
Sonder liefde in die lewe, hoe aaklig sou die nie wees. As ons foute maak, leer ons om te vergewe, maar gaan ons die foute werklik vergeet? Sê nou ons vergeet die foute, waaruit sal ons dan leer. Sonder om dit te onthou, dan sê ons weer, “ek bly altyd lief vir jou.” As daar […]
‘n Nuwe dag het aangekom !
‘n Nuwe Dag Het Aangekom Met die opkoms van die son doer anderkant die horison, kan ons maar weet ‘n splinternuwe dag het aangekom. Ons is weer geseën met nuwe asem, sodat ons hierdie dag voluit kan lééf, want môre is nie aan ons verseker, dit is hoekom ons nou al moet vergeef. Laat ons […]
Kelkhand genade
Tussen goudstof van die oggendson kniel sy kelkhand gekrom smekend om Sy groot genade eerbiedig met stil ontsag sonder voorgee of bravade Deur karwats en kronkelpaaie slaan en systap die lewe vurke in pad en om draaie moet ons slegs besluite neem dis die lewe se gegewe Maar as die aandster sag kom sê dit […]
Danel (3 Jaar)
My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind. Met elke dag wat verbygaan is jy besig om my te help om die waarde van leef te vind. Ek glimlag wanneer ek na jou kyk (en selfs as ek met jour raas) want jy is soos jou mamma al is daar gesê jy gaan nie wees nie. […]
Ons skuld is vereffen
Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap ’n doringkroon is op Sy hoof neergesit sodat omstanders daaruit genot kon put Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis tussen twee sondaars aan die wêreld gewys met spykers deur hande en voete geslaan stort Maria Magdalena die soveelste traan Met […]
Pelgrimstog van ons liefde
in die warm van jou asem trek ons liefde skadu’s in rympatrone wat sag in diftong deur die vat van jou vingers gly om vir ewig in my hart te bly waar ek dorstig – (soos in die woestyn) my kruike vul soos een sonder ‘n eie wil dan plant ek kosmos sade – (dalk […]
Affodilreën
Terwyl somerreëns val talm digter by venster stomstarend na storm wat uitwoed daarbuite loeiende wind warrel donder dof-dreigend soos bliksems luid speel as hul klimtol oor rante Digter aanskou soveel meer as donderstorm daarbuite hy gewaar – miljoene blomme wat binnekort beur-deurbreek uit Skepper-deurdrenkte grond om aarde te vul met kleure-geur vir die digter reën […]
“Europa is ‘n baie mooi plek”
Maar hier in Afrika stap ons (soms nog) agter beeste aan – verby bar fonteine baan ons onse weë oor droë lande en met stofpaaie langs na velde waar daar weiding is. Ons leef bewus van die hemele se blou die louheid van die môre die middagson se skroei. Ons ken sand en ons ken […]
Vanuit die wolke
Hier bo is alles anders Ek wens ek kon dit bêre vir jou Ek wens ek kon fotos neem in my gedagtes en vir altyd dit so onthou Hier bo is alles georganiseer en alles lyk so klein Groen lappe tussen die bruin en haarlyn padjies wat alles skei Hier bo lyk dit so aanloklik […]