Krag is Sy Naam
Selfs in elke donderstorm skuil reën in ‘n nuwe belofte in yl geel of oop goue vlaktes bly Hy die redder en die Heer Vul my met U liefde en Gees Pantser my om sterk te wees U ken my heel van buite U ken my hart se stukkend ruite Grote God ek dank U […]
Verlossers Kind
Onbaatsugtig Godlik hart alomteenwoordig Seun van Een gebore mens, ons Skepper Heer om ons verlos van sond’ en seer nederig sag in ʼn krip gelê ʼn Kindjie klein, van God ons Heer Sy hand het self die strooi gemaak wat nou Sy bed in stoppels maak ons buig die knie op sondaarsgrond ʼn Kind vir […]
Katjiepiering skatkis
Katjiepiering blom soetgeur in die vroegskemer na-dag en rus sag in my neusvleuels Verdiep dan my onthou nes die kartelkantjies van die witblom se prag om die presiese herinnering te pluk uit gister se skatkis waarin dit geduldig onder stof wag Katjiepiering soete blom soet is die onthou nou wat vanuit jou aroma kom
Seisoene Hart
(2017/12/9) Vir jou ☆ Sterk seisoene hart omgee soms te veel sonder terughou of oordeel. Seisoene hart verkleur soos die blare wat smagtend aan die bome kleef oorval met gevoel versterk deur die jare. Seiesoene hart diep en opreg jy sien mens raak jy sien wie is eg. Sterk seisoene hart broos soos winter blare […]
DIE PAD VAN JOU EN MY
Onthou jy nog die pad van jou en my se eerste punt loop daar by vrolik groet verby Die bultjie op tot bo by ken ek jou dan gly ons af by vrolik lag tot onder in plesier se draai Gelykpad nou verken se bosse deur die vlak lê voor met sinkplaat hier en daar […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]
Hy is
van Bo gekom het Hy mens geword het Sy Woord lewe geword in Hom alleen is daar vryheid in Sy Seun alleen verlossing gely het Sy Seun en gesterf op derde dag opgestaan opgevaar na die Hemel langs Sy Vader sit Hy het nooit bely sonde erken Hy was en is sondeloos daarom glo ek […]
Daarvandaan
Naas die melkmaan agter sterre-kombers diep in kelders duskant my vryevers ontwaak ‘n hersenskim van brandende bos wat my borsholte vul met rosige hemelsblos © Carla Visser 29.11.2017