Met laaste groet …
Met laaste groet … was winter reeds in jou oë bar en gestroop in afwagting met slegs laaste herfsblare as afskaduwing van wat vroeër was bros en uitgedroog, geërodeer deur erosie wanhopig gelym aan brokkies genade hartseer het my blik hoopvol gespeur na beduidenis van nog ‘n seisoen of lente weer oor moeë takke sou […]
Die aanvoeling
die aanvoeling was daar dit het ons gewaar die skommelstoel in die hoek gee die aanduiding en begin ons soek want in die aand was daar ‘n ou man en wonder ons wat is sy van heen en weer het die stoel gewieg vra ons vrae het hul gelieg tot eendag gewaar ons die graf […]
Groen vye nostalgie (Goud)
jy het my deur jou vyeboord se blare sien aankom jou hande het gebewe jy het vye begin afpluk rypes en groenes die skottel was persgroen gekleur jy het op die afgeplukte vye gehuil daar het vyeblare op die grond geval jy het gewonder waar ek was en jy was bly om my te sien […]
Herfsgeid (Goud)
daars ‘n goedheid aan die goudheid van ‘n blaar wat voorwinterwindjie sag swewend na benede daal en slaapplek soos ‘n oumens sielalleen en halfbemind in ‘n skadu van genade teen ‘n sterfling grafsteengrassie vind maar tog dié doodsheid van die herfsgeid en van elke blaar wat val sal deur sterwe net weer plek maak vir […]
Die blaar en my liggaam
Hoe vind jy jouself in die donkerte alom wat knaend en leweloos vir jou probeer omvou En aanmekaar los stukkies toue en punte aanbied om te knoop tot manifestasie en vervulling van jou illusies? Hoe bring jy jouself tot die aanvaarding en definisie van jou liggaam as wie jy werklik is? Of nog beter en […]
persona non grata Silwer
Ek is enkeling, uitgestoot – velore – verdwaal iewers tussen nêrens en niks, naamloos in ‘n wêreld vol haat. Diep en donker weggesink – val daar ‘n enkele blaar op ‘n houtkis, geen blom geen traan, ek is – persona non grata in ‘n wêreld vol pyn. Ek is vry.
Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles met buiteseisoene wat inwaarts woed verlore en verlate as gevolg van onsself elke keer as ek ‘n mens hoor gaan spartel gedagtes in my kop; verkorrel die verloop van tyd deur my vingers – dis juis dan dat ek so graag wil vlug êrens na ‘n ander plek soos ‘n […]
Kosbare jy
Rus in vrede vriendin…. Alta de Beer jy was my cpf maatjie twee weke van stilte wat volg op ingehoue denke my hart is so seer vanaand die tyding gekry dat jy nie meer met ons is vrou van liefde vrou so sag en soekend jou liefde so ver en jy hier maar altyd het […]
Die aanvoeling
Die aanvoeling was daar dit het ons gewaar die skommelstoel in die hoek gee die aanduiding en begin ons soek want in die aand was daar ‘n ou man en wonder ons wat is sy van heen en weer het die stoel gewieg vra ons vrae het hul gelieg tot eendag gewaar ons die graf […]
Verskuilde hartseer
in haar wese diep hartseer verskuil agter die mooiste glimlag verlange na haar geliefde stil het sy dit verberg vrou van die liefde tog smagtend daarna om net liefgehê te word wetend haar geliefde se hart gedwaal het weggesteek in vriendelikheid maar ons bewus van haar seer in haar wese het sy vasgeglo dat veranderinge […]