Die dag toe jy wou onthou
Sal jy luister in die kil- vierkant van jou eenkant hoektuin op jou draadstoel oor jou draadloos na my verdwene stem onder die perskeboom; toe die rooivink hul eiers nes in die wilgerboom en ons stroom om die dam loer jy uit die hoeke van die spieëls van jou oë na die son sé huigel […]
NAGGELUIDE
NAGGELUIDE Op ‘n nagvlug om kos te soek kom die uil my gou-gou groet hoor ek die naguil se roep net hier vanaf my stoep Oupa uil het geroep dit bring heimwee in my gemoed mense glo dit briing die ewige dood ook ‘n ander man se verdiende brood daal doodste stilte in die naggeluide […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]
laaste dans met pa
Jou silwergrys hare kinkel skewelyn om jou ore jou wingerstok vingers vou saggies om myne in ‘n laaste dans. Pappa; jou oë vind myne en saggies, amper onhoorbaar begin jy neurie. Ek is weer kleindogtertjie klein, my oë vasgevang in joune in ‘n “make believe” wals. Kleine voetjies op joune, rondomtalie ons, draai en swaai […]
Dans van dankbaarheid . . .
Nelmarie van Greunen raak stadig wakker. Sy is half deur die blare. Hoekom voel dit asof sy iets moet onthou. ‘n Diep frons ontsier haar pragtige gelaat. ‘n Voorval of gebeurtenis wat haar die vorige dag baie ontstel het. Dan slaan dit haar soos ‘n voorhamer tussen die oë – haar vriend wat sy al […]
Ronddraaiing
My gouddorslief, met wegspringslae van geronne sonkringe – as my oggendgodsdienste vir jou verlore gaan soos ñ brief – sal dié prillelug se skraaltroos natleiwolke in gruiselemente breek en reëngreine – nes my oë wat triestig uitkyk na dié vérreikende hemel – suisend trane húíl.
Ek onthou – die beeld van jou dood.
By knetter van jou vuur het ons vinke saam vergaar gelok deur jou sterk vuurgloed wat ons vrolik verwarm onder pyndruppels wat val begin jou vlamme stadig versmoor jy klap en kraak nou al hoe minder jou vlam kromgetrek deur erge pyn ons dans onwetend om jou kwynende vuur wat ons wegstoot met koue-seer al […]
Stil my hunkering
As laaste goud van die dag oor vlaktes van my hart kom nestel en tarentale se skel gesange droewige verlange in my hart aanwakker kyk ek op na daar waar sekelmaan trots sy kop bo hemelliggame kom hang en vlonkerende sterre in die hemelruim speels vir my knipoog vir my glinsterende trane dan stuur ek […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was die jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker […]