Morêgroet
Liefling, jy’t na hartelus siggeroepe gevoel en toe die skavuitedood jou kom tretter in die hart. En jy vir oulaas opvlie’ as ñ jangroen wou ek so graag met laaste woord die armbus doen. Want soos jy met grassie op die sakreep afvysel na die “valluik” en ek rou bedryf oor jou het vredeverse by […]
Jou laaste asem
In laaste rooigloed van jou wingerd gooi nag sy skaduwee oor jou my hart skryn stil ‘n skree ’n traan versplinter weerkaats die prism van jou lewe stil verorber roes jou lower tap jou asem uit wingerd met smart vervul groet ek vir laas jou kruishout in stof geplant. © Taai Bonthuys
Asemlose vlees
Onder versengende son skeur bloedstollende gil deur verlate klowe berge skeur oop stort verkwiste bloed skarlaken rotse treur geluidloos jou laaste asem bloedvergieters laat klap ’n toon sorgeloos hul wese stom gooi maan sy witkombers oor jou asemlose vlees. © Taai Bonthuys
Die dans van die verlore kind
Stil wil ek getuig, asemdiep in my roer ek die roes van die dag met sy langlag sweet; koel is die nag sé greep – ek het my skoene in my beursie vergeet skoenloos-dronk savoureer sonder weet; te wete van die dans – lê daar ‘n morsdood kat; swart is die kat, stil in sy […]
Hemelpoort
die dood klink altyd so finaal so hartverskeurend koud, so afsydig maar wees gerus sy’s van haar pyn bevry want die Here het haar kom haal haar treurtrane verander in ‘n vreugdedans want haar leiding is verby in engele arms rus sy sag en saam met die Here se leerskare gaan sy by die hemelpoorte […]
Resensie: DIE BEWAPENDE MAN
DIE BEWAPENDE MAN ‘n Missa vir die Vrede Oor die jare en eeue heen, veral in die twintigste eeu, het die oorlogsretoriek en sabelgeratel toenemend – alarmerend – uitgebrei. Met al hoe moderner wapens word al hoe meer mense omgebring, want dit gaan dikwels gou oor in egte krygsdade, en brandherde van konflik is in […]
Die dood van ‘n kind
die dood van ‘n kind vorm pyn wat brand diep verby vlees en been tot daar waar lewe klop polsend, verstikkend remmend aan elke wand ‘n nimmereindigende tribulensie van asem snak vasgevang in dimensie wat wil knak jou laat treusel deur die dag laat wroeg in die nag geen trooswoord kan dié pyn versag geen […]