Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Die lewe gaan aan
Die as bly draai, die son gaan slaap net om more weer gelukkig sy opwagting te maak Die maan – wat elke dag die son na-aap en lui-lui elke nag deur die hemelruim kraak So werk dit nog altyd, so is dit dan nou die lewe gaan aan – sy eie gang Waag dit om […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Joodse Grappie, 3: BOEDEL
Joodse Grappie, 3: BOEDEL Mandelbaum lê op sy sterfbed en sê vir sy vrou hoe sy nalatenskap opgedeel moet word: ⊛ „Die fabriek aan my seun Hennog . . .” Sy vrou onderbreek hom: „Hoekom Hennog? Hy sal dt net ruïneer; Chejm het veel meer verstand as hy!” „Goed, laat dit dan wees soos jy […]
Erfnis
Die pen sweet swaaiend in haar hand woorde hannekraai deur ink strepe wanneer sy kwyn na stof en sand sal hul akkoorde blom met haar lettergrepe. Vir haar kinders wou sy wees ‘n ware moeder in vlees onsterflik in gees ‘n boorkern sonder vrees. © Caren Kearley Kopiereg voorbehou
MY MOEDER IN DIE HEMEL
MY MOEDER IN DIE HEMEL Vers 1 My Moeder in die hemel my kosbare hemelse pêrel my fondament wat staande bly Niemand kan ooit daarteen stry Vers 2 My Moeder in die hemel my kosbare hemelse pêrel Moeder raak my hart se snare moederlief sny deur my are Vers3 My Moeder in die hemel my […]
Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby gewoede weerlig hoor blits uit die hel donder gehoor in jou stiltes sy ken jou sy hoor jou ook miskien volg sy die verskuilde toekomsspore in jou oë; daggestaltes van die geel skynsels in jou son. Soms glip sy terug in die gleufies van jou spinnekopweb oor haar […]
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig om die warm gloed van jou liefde vleg; my lippe morfotologies hang aan elke fonomorfiese woord wat heuningsoet oor my spoel. Jou selfs toelaat om deur die sagkant van my sonstrale te bars; om reënboogsplinters te strooi oor die stofpad van my hart. Maar nou staar jy net na jouself in […]
Jan se storie
Jan kom nie met enige mens oor die weg nie. Hy en die liefde van sy lewe het ‘n pragtige gesin gehad. Maar toe tref die noodlot hul