Asië vier Nuwejaar
Oral ter wêreld word die Chinese Nuwejaar op die tweede nuwemaan (donkermaan) na die langste dag van die jaar (of die kortste dag as jy in die noordelike halfrond is) gevier. Dit val tussen 20 Januarie en 20 Februarie. Die Chinese Nuwejaar staan ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar en is ʼn baie belangrike […]
My huis kan ook dig
My huis kan ook dig Venaand se gebeure Vind plaas agter geslote deure Daar waar ek lê op ‘n kussing vol vere In die hoek ‘n wasgoedmandjie met ongewaste klere Die vloere sing van dansende mense Die mure hang vol van opregte wense Die vier mure is hartseer se grense Die kombuis spog met ‘n […]
JOODSE GRAPPIE: Nr. 4
JOODSE GRAPPIE: Nr. 4 Onder die grappies en staaltjies wat Jode ondermekaar uitruil, en waaroor hulle self lag, kom dikwels ‘n tergende verwys na geld, rykdom en gier. Soos by ander volke ook – of dit nou Skotte of Iere is, Swabe of Oos-Friese (Duits), of „Waldvierteler” (Oosterryk), wieokal, waarokal. Dis ‘n geval van „Hulle […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
NUWEJAAR
NUWEJAAR Pretoria stad se liggies flikker soos helder flitsies skyn dit wyd oor die Jakaranda stad ek droom oor my lewenspad ons tyd gaan vinnig verby gaan ek en jy ons drome kry met pyn en hartseer gelaat Oujaarsaand het ons pas verlaat in die donker staan almal en gluur gekleurde vuurwerke word afgevuur op […]
Die dag toe ek begin lewe
Die dag toe ek begin lewe Dood staar na my dit is ‘n gegewe Maar my oë bly oop danksy dit wat ek na strewe Vir lank het ek gaan soek Wat staan in die einde van my boek En jou geskuif daar in die donker hoek Elke dag het ek die lewe vervloek Ek […]
skelbont
oral teen die see op golwende wit strande staan vakansie kleure uit hier is daar min sambrele wat wind kan wegwaai oral op die strand swem kinders en speel met laagwater in gety poele hier is daar min brander-ry baai is te kalm daarvoor oral in winkels koop mense snuisterye om te gaan herinner aan […]
KERSFEES TYD
KERSFEES TYD Wanneer die kersfees klokkies lui dan word my hartjie baie bly ek gaan ‘n mooi geskenkie kry ‘n pakkie behoort aan my die boom lyk alte fraai goud en silwer balletjies wat draai skitterende liggies wat herlder skyn die kersfees bring vir groot en klein dit bring die vrolike feesgety familie staan langs […]
KERSFEES
KERSFEES Kersfees sal ‘n blydskap bring Ons harte wil ‘n kerslied sing al die geskenkies in ‘n kring Kersfeesklokkies lei kling familie wat vreugde bring net soos die liggies ons omring die boom se mooi versiering sit ons familie in ‘n string Ons gaan kersfees vier is ons in geloof hier dit is al wat saakmaak […]
Xmas
Op die plaas, soos die gebruik het ons Kersboom nog na O Tannenbaum geruik, het ‘n huis vol nageslag na Boekevat gewonder wanneer kom Kersvader tog! Toe gaan tree ons almal af saam met die oudstes by die see, kry ‘n plastiekboom wat opvou en met crinkle paper en tinsel, wat ons saam daarom vou, […]