Generasies 2.: Die anderkant van klein dorpies
Dinge lyk rustig en gesond op die platteland. Dis goed vir kinders en alles loop hand aan hand met die welsyn van die mense en elke gesin. Tog, tussen onbesorgdheid so vry en volslae ondraaglike waansin, is daar dikwels net ‘n voordeur wat skei. My pa was briljant, en lief vir my, maar soos sy […]
Generasies 1. : Sondes van die vaders
My dogter kuier by snobs, hoor net van herkoms en verwante en begin haarself te vergelyk. Toe sê ek, jy’s ook darem iets, Google hierdie oom se naam dan kan hul op hul neuse kyk. My ma het vertel van die wonderman, hoof van drie fakulteite, net soveel doktorsgrade, Voorsitter van die Akademie vir Wetenskap […]
HEMEL se PÊREL
HEMEL se PÊREL hemel se pêrel in ‘n vaste rots ‘n diep fondasie van liefde in my los sodat ek deur dik en dun vir my ook ma se liefde gun immers kan ek staande bly moeder voel nog so naby my steunpilaar en rolmodel moederliefde is al wat tel dit beteken nog soveel meer […]
Lewenskring van ‘n ma en dogter
Die lewenskring van ‘n ma en dogter Gelewer deur ‘n strakgesig man het die nuus my hart bereik en nes gemaak wortels gegroei om nooit weer los te raak vir jou het ek met my saam gedra ‘n klein stukkie mens in my buik Deur diepe waters en donker tye het jy soos ‘n neet […]
Die Worsie Sonder Punte
Een oggend vra My man vir my Waarom ek elke worsie Se punte tog afsny? Ek moet toe sonder aarsel Die rede aan hom noem “Dis hoe my liewe moeder Dit nog altyddeur maar doen!” Ek gaan toe na my moeder Om by haar tog te gaan hoor Waarom dan elke worsie Sy punte moet […]
Met Oupa op koers
my oupa was soos mansmense nie een vir rigting vra as ons in sirkels ry sou hy ‘n bedelaar ‘n joggie by die vulstasie of die vrou wat ‘n pakkasie op haar kop so knaknek dra net subtiel nie sien nie en ons navigasie van die back seat af eenvoudig ignoreer by elke kruispad sou […]
Nog ‘n krans vir Ouma
Ouma lê iewers gekis in Noordoos-Karoo in ‘n nuwe kerkhof wat teen die dorpsrand is die begrafplaas in die dorp, waar my oums se babatjie by engelvoetjies rus, is lank gelede vol van al ons dorp se voriges, en aan die berg se soom is stofgedagtenis van mense en die lewe wat háár geskiedenis is […]
Antie Koot in die hof
‘Antie Koot hof toe’ basuin die plaaslike koerant van Dinsdag af al, op die voorblad nogal. Peste. Antie Koot wou nog altyd in die Koffiefontein koerant wees, maar nie vir dít nie. Sy word uitgekryt as ‘n krimineel. Die koerantmense weet nie hoe sy voel nie, gee ook nie om nie. Sy weet wel dat […]
BRULLENDE LEEU Verbrokkeling van gesinstrukture
Verbrokkeling van gesinstrukture BRULLENDE LEEU Soos ‘n brullende leeu geel monster brul en skreeu angs maak jou naar gevaarlike oë wat vir jou staar vuuroond gevaar grootste leeunaar op moeder aarde gebaar maak die mensdom klaar wees nugter wees wakker jaloesie maak jou blind op soek om iemand te verslind Families word daagliks verwoes sondes […]
Encore
Druk ‘n knoppie om die hek oop te vlek. Sluit die sedan en groet die honde. Organiseer die kospotte Wag vir die hek… ‘n Stem by die deur wat groet in algemeen. ‘Die TV se geraas en kinders se geskree. Hy verkies wingerdsap bo koffie of tee. Een word twee…drie en meer. In walms van […]