Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
Jou Kind
(Vir Leo) Dis ellendig, Jou gesukkel, Daagliks na, Jou bloed, Jou kind. Dis hartseer, Jy struikel, Jy huiwer, Jy hunker, Dis jou bloed, JOU kind. Maar als tog so vergete in donker gedoop, Die lelike paaie wat die lewe om jou loop, Vanuit jou arms is hy geskeur, Tot in die hede met elke klokslag […]
Afgetree
“Ek vryf net oor my neus en dan dink hy daar is iets in sy neus. Dan hardloop hy badkamer toe soos ‘n aflosatleet om in die spieël te gaan kyk”. Herman lag so hard dat hy amper van sy stoel af val. “Dis gemeen!” sê Marie ontsteld. “Wel, dit werk baie goed as jy […]
Sy verstaan als
Tussen die blaaie van ‘n moeder’s geheue, Op die kroontjie van haar hart Gly-gly Die ouderdom verby. Ek’t jou so lank terug ontmoet, Ek’t die ontmoeting nie onthou. Ek was gebore in ‘n sagte wereld, ‘n stukkie van jou. Deur die halms van addololsensie Het jy hulpeloos wou gryp na jou kindjie in die wiegie […]
Herinnerings-tuin
Pa, al is jy nie meer by my is ek nie sonder jou jy wat ‘n verskil wou maak het my nie wees laat staan jy leef voort in jou saad gesaai plante in jou herinnerings-tuin ons, jou geelhoutbome geplant as saailing staan net soos jy trots en fier in ‘n kleed van nuwe groen […]
RESENSIE: Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film
Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film „’n Screwball-komedie on the road” het dit die regisseur en draaiboekskrywer genoem. Screwball beteken soveel as mal- of gek-wees. Dit kom waarskynlik uit die biljaart- of bofbalspel: ‘n Bal wat soos ‘n kurktrekker draai as dit afgeskiet of gegooi word – iets só onmoontlik dat dit heeltemal mal […]
Mamma
die man wat jou liefhet is ‘n beeld van ‘n man ‘n man wat ‘n bars kan kyk* maar in jou hand is hy klei wat jy wil vorm na jou smaak jy sny hom en my in jou patroontjie nog is jy nie tevrede nie is ons nooit goed genoeg breek jy ons telkens […]
DIE KEUSE
KORTVERHAAL DIE KEUSE Binne-in die koevert was ‘n pragtige sewejaartjie. Martie haal dit uit en gooi dit binne-in die graf en kyk hoe dit saggies op haar man se kis val. Met haar een plomp hand wriemel sy haar duur swart rok se soom met duidelike onsteltenis. Trane loop oor haar bol wange en haar […]
Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel; ma is by Jesus. Die mooiste engel – my ma – dit weet ek gewis. En dit troos my hart om te weet ma is veilig; ma is gered. Hy het ma kom haal so onder stille gebed. Ek dink weer aan ma vandag en my vingers – dié […]