Oggendrit – terwyl jy slaap (lentegedig vir Klarissa – 2016)
In Brackenfell se middedorp – langs die spoorlyn – is ‘n vlei waar rommel tussen riete rus en roomwit Aronskelke aan die modderwal gedy. Daar lê wolke op die horison wat van grou na goud skakeer en die grysheid van die blouberg wys – hier en daar – in krans of piek daardeur. Dis ‘n […]
My ma se huis is bottergeel
Mamma, in jou tuin is daar ‘n plek waar die son opkom. Sy vly haar strale teen die mure van jou huis, haar lig vloei by jou kamers en jou gange in. Snags blink die maan bo jou woning – ‘n vol maan wat nooit sy glans verloor nie. Sterre dans en strale krans om […]
Die ware liegverhale van Fielies Fisant
Die ware liegverhale van Fielies Fisant Ek gaan n paar ware liegverhale plaas – uit my oom se verbeelding as kind. Hier is net n kort agtergrond van hoe en waar dit alles begin het. My oom, Flip Verster, aka Fielies Fisant is op 19 Februarie 1945 in Pretoria gebore. Hy was een van sewe […]
Toemaar, my meisiekind
Kom sê maar vir mamma as jy snags nie kan slaap nie – daardie wakkerlê ure ken ek tog goed. Vir die donker nag is ek lank nie meer bang nie – daar buite is sterre, ek weet die maan is aan’t gloed. Kom sê maar vir mamma as jy bang is vir spoke – […]
Geskenk van God
Want my lewe het in haar siel ontwaak (God se offerlam aan elke kind) sy het my gelei, geleer gesond gemaak vir my geveg, gebloei en gehuil op die ritme van haar liefde dans ek deur my bestaan my erfenis in my bloed ‘n eenheid wat kind sal ken en geen eggo kan ontken haar […]
Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
DIE TANNIE MET DIE KIERIE
DIE TANNIE MET DIE KIERIE Ma, kom hak by my in. Ma, kom ek stap stadig saam met jou. Kyk Ma, daar sit die duifie op sy tak en gister was die roos nog nie oop. Een vir een stap ons voort, geniet die natuur se kleure en gesang. Ma, daar’s min mense wat so […]
‘n Psalm vir my ma
‘n Psalm vir my ma Ma, die woorde uit jou mond is altyd soet – soos die fynste suiker, soos heuning – elke gedagte uit jou hart. Al swerf ek oor die hele aarde heen, al sou ek elke huis en ruimte verken – nêrens sal ek jou gelyke vind nie. Want jy is soos […]
Korale van moederliefde
in die ooptes van die velde waar ribbokke vry kan wei tortel jou koesterwoorde teer deur die gange van my hart met die krag van geloof aan moedersknie geleer loop ek ‘n stormbende plat word my tafels met olie gesalf en Vrede bedrup my lewenspad meer suiwer as diepsee korale kosbaarder as perels, is die […]
‘n loflied vir Mamma
Dierbare Mamma, so kosbaar vir God. Daar is Soveel gedagtes wat deur my vloei, soveel herinnerings wat my ontmoet. Swaarkrydae van gister, teëspoed wat ons lewenspad begroet het, Tog, weggespoel in jou liefde, toegemaak in die omgeehart van ‘n ma. Mamma daar is soveel dankies diep binne my. ‘n Lied in my hart wat meer […]