Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]
Sjampyn vir Vadersdag
Die wind sny skerp om die hoek. ‘n Bondel blare word opgeskep en beland voor die voete van ‘n man wat oor sy bierbottel sit en staar. Hy loer vlugtig na die blare en sit gemaklik terug, sy rug teen die drankwinkel se muur. As die wind só waai, moet jy maar jou oë oophou […]
Perfekte legkaart
Perfekte legkaart Vir ouma “Ally” (Ek kon nooit as kind sê ouma Ellie nie. En toe bly jy my ouma Ally) Jy is deel van Die legkaartstukke van my hart Elke een het ‘n doel en ‘n bestaan Jy was my geliefde ouma En jy sal altyd Die hoekie wees Van wat bly My perfekte […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]
Herfshart
Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]
Die seën van jou kindskap
vir die musiekleier ‘n psalm van Jakobus ‘n kneg van die Alleshoogste welgeluksalig is hy wat die liefde van ‘n moeder besit die hitte van haar omarming beleef in die geheimenis is jy kunstig in haar lende geweef met moedersmelk reeds is jou siel gevoed met ewigheids-spyse jou hoof met olie geseën en; het jou […]