Nuwe Verdeling
Die Donker Koning staan op die hoogste balkon van sy kasteel. Aan die ander kant van sy sneeu bedekte land kan hy Avalon sien. Die lug is swart so ver soos wat hy kan sien. En hy kan baie ver sien. Feë van elke soort kruip weg in hul bome, onder rotse en gekamoefleer soos […]
Die Gerug is…
Jamie MacKinnion loop doelgerig deur die dik plantegroei wat baie na ‘n tropiese woud lyk. Hy dink nie veel van Feërie se nuwe voorkoms nie. Waar dit eens soos die koue Caledoniese woude, kaal vlaktes, heivelde en berge gelyk het, staan net die Feë Koningin se nuutste gier. Dit maak hom woedend. En dit voed […]
Koningin van Ys
Yskristalle vorm op haar kaal arms. Beira glimlag ingenome. Sy maak haar mond groot oop: sneeuhael en wind vlieg uit en vries die landskap. Haar mantel wapper agter haar uit. Waar alles eens groen en lewendig was, is daar nou net ys. *Jy kan die res van die verhaal in “Eens…” lees in […]
Eens… Voorwoord/Flapteks
Sterflinge kan nie die sluier tussen die mensewêreld en Feërie sien nie, tensy hulle genooi word – of ekstra begaafd is. Vir eeue al word Mens en Feë van mekaar geskei, want niks goed kom van hulle saamkuiery nie. Die versameling van Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond is bewys hiervan. Maar daar is […]
‘n Amper Klou en Byt Afskeid
Ek hardloop die trappies af agter hom aan. Ek kan nie dat die liefde van my lewe sommer net so weggaan nie. Die simpel gat in die sypaadjie wat ons al lankal moes toegemaak het stop my deur amper my enkel te breek. Ek kom swetsend tot stilstand en kyk op. My enkel klop; ek […]
Die Donker Muse
Die oomblik toe hulle die Oniks Labirint binnetree knik Ruhan vir haar en gaan sy eie weg. Daphne gee nie om nie. Die tyd wat sy saam met hom spandeer het om die Feetjie Katte te jag en Kaye aan die dood af te staan was nie een van haar beste herinneringe nie. Hulle het […]
‘n Kamma-kamma rukkie ” Kammalandse tannie”
Sy vlieg op ‘n swaan se rug hoog bo in die lug… Wanneer mens deur kammaland loop gaan ‘n sprokiesland voor jou oop waar werklikheid en realiteit nie deel is van allerdaagse tyd Van melk en heuning is daar in elke geur en kleur koekies en lekkers om van te kies en keur Loop ‘n […]
Bang, Banger, Bangste
Om ‘n Beskermer te wees is ‘n belangrike werk. Daphne het nog altyd geëerd gevoel dat sy gekies was vir hierdie lewe. Veral omdat dit haar ‘n beter kans op oorlewing gee in die ondergrondse wêreld wat afgesny is van die ware weë van die Feë. Nog ‘n verskrikte gil maak dat sy begin hardloop. […]
DEURNAGDANS
DEURNAGDANS IN DIE WOUD Die dennewoud se feëkoningin Stuur Kabouters met ñ uitnodiging: feëtjies en kabouters van heinde en ver In bling geklee en ñ septerster Vlerkies vibreer in ritme-ekstase Voetjies moeg en seer met blase Kabouters te bly om hulp te verleen Swiep-swiep-swaaiend steun-en-been Vuurvliegies help om die nag te verlig Dansparty onder sampioene […]
Die rooi prinses
Niemand het nog ooit die rooi prinses gesien agter die wit mure van ‘n Toringpaleis groot geword Sy het in ‘n rooi koets gery om die wӗreld in ‘n sandkorrel te sien die hemel in ‘n wilde blom toegevou sy wil die ewigheid vir altyd in haar handpalm vashou Die sagte fluister van die woud […]