Aan al ons lieflike asjassies!
As oupa en ouma net rêrig kon sou ons vir jul al’s gee: Die maan, die son, tienduisend sterre om daarmee te speel; saans weer die wind om jul saggies te streel. Stringe doudruppels -met sonlig bespat- sou ons elk’oggend na julle toe vat om heerlik daarmee ’n drankie te maak wat na die lente […]
Feëtjie Hond Prinsesse
Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde. Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor. Nes Rottweilers. Die […]
Tower se krag
Om ons dans die lewe reeds van ons kinderdae af en ons… dans voluit saam, want dit is lekker. Ons dans elke dag en voel tower se krag wat deur ons vloei omdat dit so hoort. Kindwees, is die definisie van die towerdans wat kind saamflans oppad deur die lewens bos. Daar dans wolf en […]
Drome verdroom soms storietjies
Ek hoor in vroegnagskemer die waarsê van die maan as sag sy stem op aandwind my liefderik vermaan: “Elk’ dingetjie op aarde is mos sy sousie werd van ‘n pavementbrakkeffer tot ‘n resiesperd.’ En later, heelwat dieper in ‘n volle-maanskynnag, hoor ek aan blaargeritsel kabouters aan die lag. Wil so bittergraag ook weet waaroor hul […]
Die gedruppel bly maar droom…
want…(?) die winterkoue druppel die mooiste pêreldou wat dan as diamantjies aan ragfyn weppies klou en…(?) die songloor-yskristalle, laat druppeltjies verdou; vorm mikro watervalle waar die elfies bruilof hou en dan…(?) word wintering se ondergroei langs ysig waterstroom waar die weglêgansies broei so gaandeweg slegs droom
Danel (3 Jaar)
My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind. Met elke dag wat verbygaan is jy besig om my te help om die waarde van leef te vind. Ek glimlag wanneer ek na jou kyk (en selfs as ek met jour raas) want jy is soos jou mamma al is daar gesê jy gaan nie wees nie. […]