klip harde klip
vanaf die begin van die skepping uit moeder(aarde)skoot geweef lê eeue se begin in onverstoorde rus deel van die paradys en die sondeval is jy van die mens se wen en verloor jy is in vloedwaters gemaal deur krygers vertrap deur rotse verdruk deur vuur gelouter en son gebak met reën geseën in stof verstik gebruik […]
Uitstel !
UIT-stel… Die monster… Met kake wat hap! Kloue wat gryp, Koggel lag… Ek het jou! Vat hier, vat daar… Gryp – los, gryp – los, Koggel lag… Ek het jou! Doen dit! Doen dat! NEE… Doen die…. Koggel lag… Ek het jou! © Marlene Erasmus 16/06/2016
Limpopo onbegrens
(Sy sien nog soms die beeste sy hoor hul klokke lui – die klongelklank wat willoos oor alle grense gly) LIMPOPO ONBEGRENS klongel-klongel praat die klokke – “Groot Limpopo ons hang hier om die nekke van jou beeste tussen oewers oor die grense deur die droë loop van jou rivier. Aan die oorkant op jou […]
Die Dolfyne Huil
Die Dolfyne Huil Die dolfyne huil vanaand oor jou en jou pragskone lyk verspoel in die bloed van passie en ink, Die dolfyne huil vanaand want hulle mis jou the Die eksentrieke ekstase van jou passie en bestaan, ‘n waterval van emosies wat voort bly gaan, verspoel en omhelsend in alle aspekte betowerend, Jou liefde […]
WIE skryf WAT, HOE maar veral HOEKOM?
WIE skryf WAT, HOE maar veral HOEKOM? Bastertale Afrikaans nes Engels is ‘n bastertaal. Dit weet ons al; oor die ontstaan van Afrikaans het ons geleer dat het taal verskeie „taalpeetjies” gehad het, naamlik die Hollands van die sewentiende eeu, die destydse seemanstaal, Maleis, Frans, die Strandlopers se Khoi, Duits, Engels en al die Bantoetale […]
DIE ALLERHOOGSTE
Dis ‘n polemiese artikel. Geen kru taal nie, maar religieuse fondamentaliste kan hiermee ontevrede wees: DIE ALLERHOOGSTE Iemand het ‘n artikel oor die ontstaan van die wêreld geskryf☼¹. Hy was nie daarop uit om snaaks (grappig) te wees nie, maar het humorvol ‘n lys van ons skoolwete of -kennis opgestel. En hy het nie vergeet […]
Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]