Verkragte kultuur.
Kulturele rassisme is soos om rassisme te verskuil. Dis ‘n dwaling van ‘n regsdenkende sienswyse. Verkragting van ‘n hele kultuur leefwyse, soos as vertroue geskend is, beteken jammer niks. Verskuil in ‘n manifistasie van ‘n verdeelde denkwyse.
God se kamera.
Dag of nag,flitsende soekende bliksemstrale, verblind,verhelder Gods skeppingsprag. Hoeveld somer donderstorms en skaam sonstrale. Wit flitsligte oe verblind. God se kamera flits,neem fotos van sy aardse koningkryk.
Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
Net drie seisoene.
Lente baar die mooiste lote,diere en mensesiiele. Lente bring ,voorspel n begin, n nuwe betekenis. Lente ontwaak die niks na n prag van blywende geheuenis. Lente laat n anderse,magiese metamfose van ryk siele. Kom somer,in jou volle gewaad,bring n bonte kleur. Volle somer,jy bring volwassenheid,dis wonderbaar! Somer in al jou glorie,maak my siel,my gemoed aanpasbaar. […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Vir Katrein
Vir Katrein Hierdie reis kon sy nie keer met haar vlerke trillend oopgestrek om die wieke van ‘n noordewind te vang hang sy halflyf aan haar spasies en ruimtes wat heelal om alles en almal. Met wilde woorde wat wakker lê in haar mond (om nimmermeer tot stof te keer) flap sy vere uit Walhalla […]
Vir ‘n kameelperd
Hoe vry was jou gestalte toe jy deur grense breek. Teen elke oggend wat oranje, bly jou beeld nog vas gesteek. © Carma Shaw 24 Julie 2017