Bome fluister wolke luister
Luister na geheime in elke donker hoek my gedagtes vormloos met net die stilte wat fluister om weer op te staan Ken jy die leemtes en plekke van niks terwyl jou oӫ koud-blou gevoelloos neerkyk op my My siel afbreek glasstukke en… die stilte verdiep stom en woordeloos
Bloot menslik
ons is almal maar net mense ons maak foute ons kry seer stamp ons koppe kwes ons harte te onbeholpe, om te leer en ons krenk mekaar se egos ons kan onsself nie keer staan dan skansloos teen die terughou met bitter min, of klein verweer ons is almal maar net mense ons het letsels […]
Hunkerdroom
Waar slaap oor my kombers en drome my insluk, wandel ek in hunker met hoop. More wink my nader terwyl die son oogknip-knip en nog deurmekaar haar, met slaap in die oog na bo strompel en yl glimlag, want later sal haar strale skater. My hunkerdroom ontvou in beelde van jou, van nou en ek […]
Verbode Traan
Verbode traan Wit en grys wolke vergader in die bloue ruim Op die randjie van die rif sit n wolf dood stil Sy oë strek ver oor die velde – lower groen waar die vygies tussen rotse deur, geel en pers paadjies blom Die natuur so mooi maar soms ook wreed Oorlewing is essensieel ons […]
Ek wou net gelukkig wees
Voorgedra effekte /byklanke en opname deur Marieta Calitz
‘n Soort afskeid
Die laaste oggend is ‘n hemel wat kleur bo berg en velde kry wyl skadu’s nog in klowe en – kol-kol – tussen struik en pol gedy. Dis soet warm koffie en karringmelkbeskuit ysige vingers en palms wat – bakhand – om ‘n beker sluit. Dis ‘n blou kombers op koue banksement en die breek […]
Alles of niks
warm is my huis se glimlag wanneer jy vol berou indraf getrou sal ek jou storie volg aanbiddend my klein rol vertolk en wanneer jy weer weg is, móét ek wonder of jy hiermee groet my vrese sal ek vir jou verloën kwellinkies toor jy weg met ‘n soen ‘n rooi roos, ‘n takkie jasmyn […]
‘n halwe bottel
Wyn wyn bottel botteltjie brandewyn dop -en dam ek sien jou nou bottel brandewyn sien -jou gou-gou sien -jou nou-nou drink drinker broer drink dronkverdriet _ die bottel is al half die bottel -is amper die bottel gaan kalf kop draai -en draai lyfswaai -en lawaai dit maak -my- naar skink die laaste dop _ […]
Veins
Veins Ons is soms sommer net hartseer sommer net baie bedroef en soos die hrlekyn veins ons maar die glimlag en poseer soos ‘n model voor al die oë wat nes kameralense op jou gesig gerig is en verberg die rou hartseer diep, diep binne jou hart vanwaar dit soms so onverhoeds opborrel soos uit […]
Bedroefde Vrou
Bedroefde Vrou Is daar dalk ʼn verstote vrou Baie bedroefd en vol berou Sweef jy rond in ʼn donker gang Met duisternis wat om jou hang Met n verdrukker om jou rond Loop jy met jou kop in die grond Stel jy jou lewe aan die kaak Het vrolikheid jou nou verlaat Maar God sê: […]