Wee die vrou
Wee die vrou wat na die sonskyn soek wat die klowe (waar dit donker is) vir ‘n bergpiek wil verruil. Sy sal huil. Wee die vrou wat hoop ~ sy sal die pad alleen moet loop. Wee haar as sy glo wee haar as sy liefhet wee haar as sy vrede vra. Sy sal haar […]
Moedersmart
…Waarom brokkel die lig voor haar oë verby en wat is dit wat oor haar bleek wange gly? Wat is dit wat haar wêreld in skerwe versplint En vanwaar dan die waas wat haar oë verblind? Haar drome word gisters; ja nog verder verby toe sy blosendverlief as ’n vrou kon gedy. Sy belewe intens […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
Moeder [Heimwee]
Moeder [Heimwee] Met hartseer snikke gaan ek deur die dag Goor verlore die wete dat u my Moeder, Se aardse lewe is nou deel van die verlede… Maar nuwe deure Mamma, en n nuwe lewe. Ek kan net nie help om te wonder hoe dit daar In die hoogs beroemde Hemel kan wees… Haar stem […]
Sysoen
In die skemer van my somer bloei ‘n najaarsblom soet, ek ein haar gees as dromer in die herfs van ons gemoed. Haar saad skiet loot in lente en die bloeisel bot soet, sy dra haar kroon in segmente as helder vere in haar hoed. Ons beide ken die winter kou’ wanneer wortels diep groei, […]
Sommer só ~ liefde
Wat sal ‘n mens van die liefde sê – so ongevraag kom dit somtyds oor jou pad. Só sonder dat jy daarna soek. En weet jy wat? Ek het jou lief gekry, half onwillig en so effens teen my sin. Daar was net iets aan jou íéts aan jou manier van wéés wat dit maklik […]
In nagedagtenis
lê hom neer aan die voete van U berg, Heer roep sy naam en laat U kranse dit in antwoord gee vly hom oor U vlaktes en valleie en laat rus hom op die golwe van U see vloei hom in U strome en riviere laat hom kronkel deur U klowe en U poort vloed […]
Jong Liefde
Jong Liefde Hy probeer so hard, stoisyns die hart se pyn verberg want sy eerste liefde is verwerp en gekrenk probeer hy verdriet van sy jong skouers afskud soos ‘n lastige, opdringerige vlieg— Maar die skouers hang ‘n bietjie en die oë bly neergeslaan want selfs kalwerliefde is wreed— Maar kyk op, en kyk rond, […]
Swartmossels
Swartmossels Eeuelank skreeu die meeue ons vier ons vryheid in bloulug oor blousee rotse en strande met sagte sappige swartmossels en ek antwoord en skreeu saam in wind en weer en geruis van getye se eb en vloed hier waar ek op die rotse sit en kyk— Neem hierdie hart van my en laat val […]
Die uil en die skoppensboer
Deborah het voor al die ander inwoners geweet dat daar dié aand weer ‘n uil op pad is. ‘n Mens se lewe bestaan tog net uit twee tye: voor die uile kom en ná hulle gekom het. Party se uile is altyd naby en sweef geruisloos saam met hulle deur die leed van die lewe […]