Hi Ingrid
Hi Ingrid Ek wonder baie of jy bang was vir die pikswart see, daai nag. Ek wonder baie of jy koud was en wou omdraai terug na jou.. woorde toe. Ek wonder of jy agter gekom het dat jou trane dieselfde proe as die salpeter van die pikswart see. Ek wonder hoe seer jou binneste […]
Bruid van die Onpeilbare Dieptes
Liesel loop uit die huis uit, haar dun truitjie styf teen haar getrek soos die wind dit probeer steel. Daar’s net een plek waarheen sy kan gaan om beter te voel: die see. Sy loop vinnig deur die stil skemer strate. Al haar bure is besig met aandete. Sy’s seker daarvan, want dis die tipe […]
Die eed
“In daai plek kan jy vergeet wie jy is,” vertel die Soeker die jong man. “Hoekom sal ek wil vergeet?” byt hy terug. “Trevian,” raas sy ma van die ander kant van die kamer af. “Kyk na my,” sê die ou Soeker en steek sy arms uit terwyl hy in ‘n sirkel draai. Is hierdie […]
‘N liedjie vir hom
My oudste broer is op 4 Julie 2016 in motorongeluk oorlede. Dit was ‘n groot skok vir die 8 broers en susters wat agtergebly het. Hierdie is ‘n ode aan hom, mag hy rus in vrede. (OP DIE WYSIE VAN STEVE HOFMEYR SE “PAMPOEN”) Sing, sing jou laaste song vir hom Hy het met lang […]
Saphira se Onmoontlike Keuse
Die swart-en-bruin Feëtjie Hond slaak ‘n sug van verligting toe hulle haar beskermling se kasteel binnestap. Eolande lyk vir haar uitgeput na hul rondswerwinge deur die berglande. Net Cian lyk asof hy nog verfris is. Maar dan, Saphira is nie seker watter tipe Fee hy is nie. Sy ken hom al vir maande en steeds […]
Aubade
Aubade Die son wil nie opkom in my gemoed waar ‘n Aurora Borealis skemerte heers in my hart waar ek treur onder ‘n wilger se droewige slierterige hangtakke in meegevoel met my en ek hoor ‘n rustige vesper melodie op die aandbries aangeswewe kom en ek besluit onder die donker sekelmaan en helder knipoog sterrehemel […]
Donkerte
Donkerte My gemoed voel swart en in donkerte gehul soos in ‘n sterrelose nag rigtingloos en verdwaal met al die liggewende kerse in my siel doodgeblaas want ek treur en treur my verdriet is nag en iewers langs die pad het dit my pakkie lewensvreugde laat verdwyn maar ek stap moedig terug en steek orals […]
Asemnood
Dorre duinesand uit Namibs woestyn ‘t my verkorrel na pyn brokstukke uit my siel geruk met onheilswind wat ruk en pluk Van engele en krag verlaat ‘wyl my asem verdamp in gas om iewers rond te swerf daar waar ‘k nou stadig in asemnood sterf Wees dan stil my siel wees stil tot God ‘wyl […]
God het sy punt gemaak
Anel Steyn 01.05.1988 – 29.05.2014 Voor in die kerk moet ek vandag sit, Tussen sakdoeke, swart pakke en hande wat bemoedigend oor my streel en saam met my bid. Bid vir jou, my kind. Bid vir my. Hier is baie mense. Familie en vriende, selfs ‘n onbekende gesig of twee. Hulle huil oor jou, my […]