Sou jy raak kon raai
As twee verrimpeld’ ou hande bloubleek oorkruis loop lê sou jy dan raak kon raai wat ek onder die wilger wou sê Ons deurtrap tweespoor voetpad langs die oer-roes windpomp dan steil op teen die rant my hande in joune gekelk toe jy jou hart aan my verpand Waar seemeeue kras op dek sou skree […]
Moeder
In die hande van my Moeder Word alles skoon voltooi Met sagte kwas se hale Maak sy mens en alles mooi Het sy die foute uit gehaal Met hart en sinvolle daad Van negatief tot skilder skoon Tot portret mooi foto kloon Dit was die werk van haar hande In haar jonktyd se vreugde uur […]
Drome is bedrog …
as drome waar was, was jy nou hier by my en sou ek my teen jou bors kon vly as drome waar was het my oë geblink en sou my gedagtes vonkelwyn skink as drome waar was, was my hart nie seer en sou ek nie kon wag vir volgende keer as drome waar was, […]
Sy Laaste Brief Aan My …
“Knock, knock” daar is ‘n harde klop aan my deur, wie kan dit wees so vroeg in die oggend? Miskien my pa, Lenie se pa, wat sal pa tog die tyd van die oggend hier kom soek? Dalk ‘n bietjie suiker of iets leen, ag wie dit ook al is ek gaan maak nou dadelik […]
Skeepswrak Transformasie
Tussen erosie roes metaalskerf van eens reuse, trots vegskip – het haar verlange vasgekleef tussen vaal seewier en koraal, was haar drome vasgeweef In die oopbek splinter skatkis tussen edelsteen en munte – het toeka se skitter pêrels aan flenterstring goudketting leweloos, net daar gehang Soos verweerde skeepsanker begrawe in soutsee sand – is haar […]
Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing ek sien die winter op die grond as ek wakker word is ek alleen die maan ‘n groot bal, koelrond daar is stilte in die lug in my kamer, rondom my tog hoor ek jou nog fluister in ‘n droom so pas verby ek kan nog altyd dink […]
Dorre krake
huilend loei die westewind deur hulp’lose vee se karkasbene; waar hul oë smagtend (na genadewater ) verward na bowe vlug hang dit daar soos verlepte sonne in droog-oog traan oor ‘n stof-rooi horison prewel-bede stort hakkelend sodat hemele saam sal huil dat daar steeds iewers ‘n vuis-wolk sal skuil sodat lewe weer oor verdorde damwal […]
Die mooi van die donker
Ek weet ek smag na die passie en die hunker die verlange van voel terwyl ek moet lewe om te strewe na vrede en rustigheid maar ek soek die seer van (te) lief wees en na die vraag binne jou wat ook in my is terwyl ek weet ek moet vergeet van die magiese donker […]
Eugene De Kok
Eugene De Kok sit voor die kaggelvuur, dis ‘n koel winter nag, hy verlang na sy vrou wat vier dae gelede oorlede is. Haar naam was Engela, sy is in hulle plaashuis vermoor, maar Eugene sit nou in sy woonstel in die dorp. Hy het sy eie woonstel hier in die dorp, Marais-stad. Hy is […]
Met skewe woorde …
Jy’t in my lewe verskyn, sonder dat ek dit verwag. Met skewe woorde my hart gesteel, ons het baie pêrel oomblikke gedeel, elke liewe dag, en toe op ‘n dag het jy verdwyn. Daai skewe woorde was toe al die tyd leuens, iemand anders se ring het jy to aanvaar. Jy het met ‘n ander […]