Philadelphia
(goud) Philadelphia In ’n kamer in die Blikhuisie wag daar ’n vulpen en papier en ’n posbus wat verlangbriewe reguit hemel toe kan stuur. Is daar nog ’n plek aarde wat so klein is van gestalte, maar tog so groot van gees; wat midde veld en koringlande ’n baken van die hoop wil wees. Met […]
Soos bloed 1. Jacobus se sindroom
honderd en vyftig nes jy, globaal in ‘n historiese bitter anaal – só spesiaal is jy vir ons gegee en ons dus ook vir jou, aldus ‘n besluit van die Heer vir die vol krag om dit te vat sê ander wat dit nooit sou hanteer die water van lewe en die dood het gespuit, […]
Die onwerklike mooi
Asemrowende sonsondergange deur die kunstenaar God geskilder dis nie sommer net woordjies, wat waai in die wind….. dis die manier hoe die mense daar praat Ek skep ‘n emmer vol sand net ‘n gedagte van ‘n spierwit strand ek vang ‘n stukkie sonstraal en gly op ‘n brander daarmee heen In my hand ‘n weskus […]
Sterflikheid
onkeerbaar krimp en swel die maan die grafwaartse kronkel van ons lewenspad onderhou deur ‘n God van liefde wat onkeerbaar krimp en swel die maan wat berei vir ons die hemelse stad wyl ons in ootmoed voor hom staan onkeerbaar krimp en swel die maan die grafwaartse kronkel van ons lewenspad (triolet)
U IS ALTYD
U IS ALTYD Deur U genade is ons gered dit is al wat ons oorhet dit is my enigste gebed Ons harte is beset U beskerm my U is altyd naby my U maak my lewe vry U is altyd langs my sy O liewe Heer dit is wat my hele wese begeer want U […]
Wanneer stilte holtes keep
nog ‘n dag hang – gestroop van tyd, verlore sekondes vang ‘n biggeltraan van selfverwyt dis soos die wind wat skimme najaag – koersloos deur seisoene val, wat vlees ook (willoos) ‘n skynbeeld behaag en só die gees se getye vergal maar immer yk die hunkering na spyse vir ‘n verminkte siel die heimwee na […]
BEGRAFNIS
BEGRAFNIS Die skok het my hard getref soos ‘n geweerskoot wat my tref niks in hierdie wêreld maak dit beter my hart is in stukke verpletter my lewe hang nou aan vlenters ek sien regdeur die hel se vensters net soos gloeiende as in die vuuroond rooster so soek ek na my vertrooster die doodskreet […]
Homo Sapiens (Opdrag 6)
Voor die grou gat van gister se grens duskantdie kaplyn waar die son val en die maan sy strale blink poets het Alfa sy asem deur Omega geblaas met ‘n ribbekas vol drome sonder vlerke so het die eerste fresko van ons psige vyfhonderd en ses jaar gelede met kwashale konteks verskans ¬ om mans […]
Digitus paternae dexterae…Die vinger van die Vaderlike regterhand
Opdrag 6 – Kuns en visuele stimulasie Digitus paternae dexterae Die vinger van die Vaderlike regterhand Hoog teen die kapel se hemelplafon lê hy, gebore uit heilige uterus met naelstring reeds geknip, Il Divino, die renaissanceman, se uitbeelding van die glorie van die skepping in sy volheid, naak en uitgestrek sonder lewenslus, heelt’mal onbewus van […]
Liefde
Tydlose liefde winter, somer, lente, herfs ons vir ewig saam © 2018 Caren Kearley Kopiereg voorbehou