Liefde (goud)
Kan ek vir jou skryf met ses en twintig letters ek is lief vir jou. © Februarie 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
TOEGANG VOORBEHOU (goud)
Laat jou sluier val as middelaar tot my lyftaal laat ek verse oor jou ploeg oor die naak velde van jou oorbegroeide gedagtes laat my toe om in jou binnekamer te dans die warme weerstand van jou duistenis te betas laat my liggelowig langs jou sit in die stilte van jou wreedste storm omnagtelik die […]
WRAAK MY LIEFDE (SILWER)
Die konsep van liefde word totaal misverstaan. Of laat ek liewer sê: meestal verkeerd geȉnterpreteer deur meeste mense. Dalk is dit net ‘n kwessie van verskillende opinies oor die uitvoer daarvan, maar hoe dit ookal sy, liefde is nie ‘n teorie nie, dis ‘n daad. Hoe baiekeer hoor mens nie Sê dit met liefde in […]
hoop
– kandelare lig oor droë blare waar siele blus in ewige rus – harte bloei oor liefde wat gloei nuwe lote groei onder luide skote – eerwaardes swig voor politieke sug lidmate verhuis na volks vreemde huis – kersliggies brand oor kartetse wat land mens oë verduister wyl hul ophou luister – donker gedigte vul […]
bolangs
– soos seisoen verander vergrys my duin alles wat groen was word nou weer bruin so verander die wese van bejaardes ook wanneer tyd aankom om boedel oor te gee afhanklik te word besluite te oorhandig aan jonger mense soms onbekend dalk onsimpatiek selfs vyandig gesind bolangs lyk dit dalk na geluk en dankbaarheid diep […]
stoor
– in my loopgraaf stoor die wapen dikwels dit raak gevaarlik en ongewens jy voel blootgestel en paniekerig soos iemand wat kwaad word maar niks kan antwoord nie so stoor elke mens soms krop maar gevoelens vir latere gebruik bring spanning ongeluk en liefdeloosheid so: moet nie opgaar wat nie moeite werd is nie – […]
Waar lê jou hoop? (BRONS)
Waar lê jou hoop? Dikwels hoor jy: “Ek het ʼn verwagting dat my dogter ʼn bekende model sal word” of “Die resultate het nie aan my oorspronklike verwagting voldoen nie”. Waar lê die oorsprong van die woord: verwagting? Die Latynse woord: exspectatum word vertaal as “beskou” of “gesien” – die hoop, illusie of droom wat […]
Die wipplank van my gemoed. (BRONS)
Die wipplank van my gemoed. Die son trek water waar ek laatmiddag met my voete in die kabbellende stroompie sit. Ek sug behaaglik en asem die laaste strale van die son in … oranje gloed speel wegkruipertjie op die skemer horison. My gedagtes draal na 2020 en die gevreesde woord: COVID-19. Tonele van angstig sit […]
Alexanderbaai (BRONS)
Alexanderbaai tuis bly verwagtinge bekend maar beperk jy weet gewis dat die see soutblou is *** sou jy die uithoek van jou wêreld se grens besoek vind jy golwe wat Oranje bruis seewater sonder sout woestynvervlegde vleiland flaminke op die strand ‘n verlate diamant ©ASvdMerwe