DIE NUWE JAAR
DIE NUWE JAAR Die Nuwe Jaar het gekom my oē is vas gerig op Hom die vorige jaar het my verstom ek slaan vir my ‘n nuwe blaaitjie om wat gaan hierdie jaar na my kant toekom groot dinge gaan oor my paadjie kom vrae en raaisels draai om en om God is my pleister […]
NAGGELUIDE
NAGGELUIDE Op ‘n nagvlug om kos te soek kom die uil my gou-gou groet hoor ek die naguil se roep net hier vanaf my stoep Oupa uil het geroep dit bring heimwee in my gemoed mense glo dit briing die ewige dood ook ‘n ander man se verdiende brood daal doodste stilte in die naggeluide […]
My identiteit bepaal my doel deur Lynelle Clark
Identifikaie in vandag se lewe is baie belangrik. Sonder ons identiteisboekie kan ons nie ‘n rekening oopmaak of stem nie. Om die waarheid te sê; daarsonder is ons onwettige burgers. Wanneer jy nie jouself kan identifiseer nie word jy beskou as iemand wat geen regte het nie. Dit is net so waar van ons lewe. […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]
Die wens put
Die wens put Die munte val met ‘n plons in die water en sink weg, na ‘n donker duisternis, wat herinner aan die kleur van diep in die nag. ‘n Wêreld wat gedroom moet word om te realiseer. ‘n Wêreld waar dit geluk gaan koop vir ‘n magdom soekers na hoop. Radeloos, moedeloos, bygelowig. Hoop […]
Liefde in die suburbs
Liefde in die suburbs Dit is ‘n snikkende warm dag in Februarie. ‘n Kaapse warm wat jy kry wanneer Kapenaars lank genoeg gekla het oor die wind wat konstant waai en dan een dag waai dit nie. Dan kla almal weer oor die hitte en as daar tog net wind was wat lafenis wil bring. […]
Opdrag vir ‘n Reëngebed
roer jou stingels grasveldlande wuif jou halms in die wind hef jou grootheid oor die rante buig jou berg se rots my kind skink die dieptes van jou branders in ‘n vredes nagmaalkelk hurk jou volmaan voor die melkweg laat jou son se skyn verwelk slaan jou oë op, dorre aarde skud die stof af […]
Die bitter en soet.
Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel. Veral as ons voor ’n donker, […]
2020 Perspektief
📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van ‘n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar. 👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor […]
Ek groet 2019
Dis die laaste dag van die jaar . . . ‘n dag soos enige ander wat kom en weer sal gaan vaalwit spoegwolkies beklad die kobaltblou lug asof die aarde met staccato-wasem sug die kwik sal styg sweet pêrel op vlees terwyl veld en dier dorstig na water hyg ‘n jaarsak tot barstens vol ingeprop […]