Maandag se kuur…
Traag swaai sy haar bene van die bed. Dit is Maandag! Die lus ontbreek haar geheel en al om op te staan. Net die gedagte aan haar kantoor, laat haar sommer weer terug val teen haar kussings. Met uiterste wilskrag, dwing sy haarself om op te staan. Dit is nie dat sy nie dankbaar is […]
Donker Rivier (pastiche met Diep Rivier geskryf deur Jan F.E. Celliers)
in jou donker rivier versteek my diepste stroom vir jare kon my hart net oor jou droom maar jou liefde het my in weëmoed laat kniel -toe jou valse omhelsing my siel verniel die vlam van jou donker rivier het my geskroei – terwyl die verlange deur my gees bly vloei die glans van jou […]
Maria
Maria, maagd van Bethlehem was onder vroue uitgeken om die Lig te bring wyl engelkoor sing om só verlossing vas te pen
Kom gesels met my . . .
Hier onder die knus ou wilgerboom wat lui-lui sy takke slepend wieg in die wind waar ons as kinders kon speel en gehieme deel mekaar se sorge en wonde (met omgeedrukkies) wegstreel wis ek lank reeds jy’t vergeet van vrolike sonskynsomers en koesterknus winters jou menswees reflekteer ‘n seerkrykant teen onthou se skaduwand maak oop […]
Die groen sak
(brons) Sara Vermaak trap die sole van haar skoene aan die brand. Sy loop heen en weer voor die preekstoel verby. Van die diakens se vier rye banke tot by die ouderlinge se afdeling en terug. Met elke tree se trap word die vraagteken in haar binneste groter. Wat het sy my die dekselse groen […]
Oor grense heen
Ver verby hierdie blou berge anderkant die kranse waaroor die wolwit wolke lê doeriekant van die Karoo tussen die Gariep en die Vaal daar waar jou spore dwaal oor die wye vlaktes wat altyd wag op reën daar sien ek jou in geestesoë tafereel ek jou in beelde en in denke. Jou velskoen trap ’n […]
‘n Ma se hart
My kind … jou optrede en woorde skif soos kaf in die wind een oomblik sag soos satyn dan weer druppend van venyn kneeswoorde en dade (hier en daar, deur die jare) wat seer letsels laat my oog sien wat ander nie kan my oor hoor wat ander nie verstaan getrou gee jy elke jaar […]
koning virus
met sy kroon op draf hierdie koning van distrik na distrik van een land na ander niks staan in sy pad nie vandag is hy geel, môre is hy dalk blou of rooi plae van egipte of plae van eindtyd wat dood saai sover hy gaan dalk een derde van aarde se bevolking of is […]
respyt
wanneer hartstog ‘n ou vrou word en die vertroosting van aanraking na benede stort só met die terugtree uit omhelsing wanneer herinnerings verseg om in ‘n hart te bly leef eensaamheid se kilte veg om honger hoop te verweef dán is dit tyd vir respyt vir stil word in die wete dat verlatenheid diep kan […]
glinster
saans op my duin glinster sterretjies miljoene der miljoene wie sal dit ooit kan tel terug op my duin voel ek maar klein oneindig klein kleiner as die fynste korrel sand op my duin waarop ek sit al sweef ek hoog bo die see bly my bewegings maar klein tog weet my Skepper hoeveel hare […]