fynsny
vir iemand toe hy nimmer meer kon wag in lee skoot van vaderhuis was stilte deur gebed gesny en skelm fluister iewers wie was hy strak gelaat sy wederhelf en saad in vrede nagelaat toe ysterperd pad verlaat lewe verkwansel is gese vrouens drank baklei tot in verderf hom verlei vir oulaas besigtig ons die […]
london
van oral en oudsher kom hul om hier te verdwaal met gesogte bakens soos die saint paul se katedraal haar polsslag n geelvlam van avontuur min kan vergelyk met dié argitektuur haar oog is verleidend, haar kurwes vlei jou n bus spoeg nog mense uit waarom sy haar arms kan vou van straat teater op […]
geboude graf
benoud vou die skag se mure my weer toe ingesluk, alleen, vergeet en halfdood dis stil… in adamsgewaad gedoop, versuip in see van sonde, ek hyg na asem nat koue sny tot die been, hierdie donker graf stink dood skouerdiep in vrot water besmet met kadawers te lank geslaap in eie kuil saam sondaars genoeg… […]
Vir die genesers
My volk is almal krygers. Hulle leef as krygers, veg as krygers, soek na bloed as krygers. Veg vir glorie en vryheid as krygers. Hulle sterf as krygers. En hulle siele word gedra na die Groot Fees anderkant die sonsondergang. Maar nie ek nie. Ek was gebore sonder die dors vir bloed en geweld. En […]
Karoo Reën
Dit reën boetie water hardloop vrolik oor grys begrafnis stene, was stof vuil Karookind. Kersfees lekker speel oumens kinders in laat middag straat bad, was skruwe vuil Karoovoete. Oor die RDP huise swaar, honger en brandsiek sonbrand gesigte sak lekker wintersop was die Karoogemoed.
Selflag
Oë lag en skarrel tot ander se trane verander na blou dou wat glinster in nuwe hoop, plesier in die nou moment. Uitputtend moë wese, eie vreugde word nagelaat gereflekteer in hoe gaan dit vrae, alles van die beste wense. Jy wat altyd lag met vrees en trane oë, jou oë is geel van vrae, […]
die monster
die monster op die horison van die wêreld loer die gevreesde vretende virus wie sal weet wat die gevolge is van Corona oftewel COVID-19 mensgemaak of natuurlik die oorsprong sal ons nie weet toe Dr Li die fluitjie blaas gesmoor in sy baba-spoor China die episentrum kwarantyn in hospitaal of gedwonge huisarres eerste van vele […]
In my herfsjare
Die veld is stil, alles is doodstil. Asof die hele wêreld net stil geword het en alles, ja alles het gegaan oor die brandende bos. Versigtig, stadig en gevul met beide vrees en nuuskierigheid gaan Moshe nader. Sy sintuie kan amper nie dit wat hy sien verwerk nie. Die bos brand, daar is vlamme, maar […]
Sprake van hoop
(goud) Sprake van hoop o perste, perste vygie o doring aalwynblaar kyk hoe rus die Bolandberge sommer net maar daar o dynserige vertes o ligsteblouste lug swerfplek vir windswawels so-heen-toe en terug o eens verlate vlaktes o uitgestrekte land deur wind en water hier gekerwe tot krans, tot klip, tot sand o soele, soele lentedag […]