Olyftakkie hoop
wanneer ek in onsekerheid se stormwaters dobber en moedeloosheidsgolwe om my slaan verdrink my hoop in die donker diep waters maar Vader anker my op Sy beloftes tussen Sy liefdestakke bloei my tuiste waar ek in Sy genade rus vind terwyl Hy my seën met olyftakkies vol hoop ©Jessica Venter 27/06/2019
Verlore tyd
Verlore tyd Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie? Sy vou die brief vir […]
Stilte
Stilte In stilte wagtend In stilte soekend In stilte treurend In stilte verlangend In stilte dansend In stilte liefdevol In stilte gelukkig In stilte vrede Daar in die stilte Sal jy my vind Daar in die stilte sal ek jou vind In stilte Sal ons siele mekaar omhels In stilte Sal ons mekaar vervul ©Lia […]
Die seeblom het ‘n turksvy geëet
As die maan haar kon toespin met spindrade en ons om haar swerm wie sóu die karwats bind om die son, wie sóu die ou koeie bevel? As die dorwe rooi karoo stil fluit en ons om hom beknies wie sóu die kaktusse trakteer, wie sóu met ‘n droë tong taan? As die groen veld […]
Voëlvry (Silwer)
Geen inhoud
Land van vlam en vuur
Hoe graag wil ek ryp sade van jou langgraspluime stroop om oor jou braaklande te saai; ek wil myle oor jou dorsgrond loop en water lei na al jou droë riviere. Ek wil wingerdstokke in jou Boland plant, die lote vir jou snoei, nuwe loof laat groei. In die najaar – soetwyn uit die goue […]
Pandora Box
Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]
Sielsvrede
Sielsvrede ek was jaloers op ander se geluk liefde en samesyn wat hul ervaar die verlange was daar onder pyn en trane loop ek gebuk soos ʼn kokosneut is my hart gebreek oor en oor tot onherstelbaar myself wou ek graag wreek tot ek ook geluk ervaar min het ek geweet my hart moet oopbreek […]
Lewensboek
Lewensboek groot wou jy word daar was baie trane gestort vandag betree jy die wêreld onthou net jy is God se pêrel bou op die fondament die een waarteen jy rebelleer dit is nie gegiet in sement lewenslesse sal jy nog baie leer vat elke dag met nuwe hoop laat die Here saam jou loop […]