Hoop (Silwer)
Hierdie naweek sien ons nie die bar Karoo of dors bokkies en boere wat sukkel om in God te glo. Ons negeer ons tienrandnoot wat na die storting as een rand begroot. Die heuwels en velde stoot geloof en blare soos die kleur van die bloed deur ons honger are. Hierdie naweek is ons behoud […]
Stilbly
soos ‘n plaag wat my in die donker bekruip het verkragting my vreugde kom steel toe jy my identiteit swartsmeer met jou vieslike vraatsige vatterigheid al die seer begrawe ek diep in my gees om so my tannie van pyn te spaar want stilbly is ook ‘n antwoord die ramp wat my innerlik verwoes is […]
Sonsak oomblikke
in die skadu’s van die Outeniqua het die son skaam in oker oor bergkranse gebloos terwyl wegkruipskadu’s pendule in apostelgelid onder die wind se penniefluitklanke van gisterdinge © Anzé Bezuidenhout https://www.litnet.co.za/sonsak-oomblikke/
Verwoesting
verkragting verwoes my depressie steel my oorwinning my v ∞ r ∞ y ∞ h ∞ e ∞ i ∞ d ∞ in ver- gif- nis ©Jessica Venter 21/10/2019
Jy’s deel van my verlede
My hart, broos porselein glas duisend stukkies oor die grond versprei skerp stukkies wat ek vermy te bang ek word dieper gewond. Alles herinner my aan die leë stoel jy is diep gekerf in my hart met ‘n warboel gedagtes oor jou- hoe jy altyd daar was vir my hoe die lewe jou uitgehol het […]
Berg
Soos die son oor berge val Hierdie groot, onbekende mal Rotsagtige, skaduweebevange berg Wat soms jou sit en terg Van naby, van ver bly hy mooi tog Maar klim, hygend, gedoop in soutwatervog Raak hierdie berg, monster wat vuur spoeg En nog hooi op jou oorvol vurk voeg. Wat te make Met net te veel […]
‘n Kintsugi slakkie
Die lewe sout Op die slak binne my Stadig, stadig seil ek deur die lewe Vol sere Trane vloei diep binne my Die wal van my hart gebreek Die water dreig om uit te stroom Maar huil mag ek nie Val, rol, val Val, rol, val Die mense speel tol Met my eens kosbare lewe […]
VREDE – (Silwer)
VREDE vasberade loer nuwe lewe deur die donkerste grond stoot sy arms blaar vir blaar soos wyd gespreide vlerke reikend na die son hongerig omhoog om elke straaltjie sonskyn gulsig op te slurp om met ‘n helder stem VREDE oor die wêreld uit te roep © Barbara Smit – 16/10/2019
Ontvoering van Lalie de Nysschen
“Help my iemand, help my!” Sy skop weer verwoed teen die deksel van die kattebak. Ek moet myself los kry. Ineens hoor sy manstemme naderkom. Sy bly tjoepstil. Sy hoor hoe hulle nader stap, dan beweeg hulle weg. Trane loop nou oor haar wange. Sy draai haar gesig na die geroeste slot en stamp daaraan. […]
Suurreën
jou giftige woorde reën seer oor my neer en besoedel my denke ek verstik in jou manipulasie as jy my ignoreer “rain in the cup of my life drops of rain in the cup of my life” valse drukkies, organies aangeplak soos uitlaatgasse verbrand dit my siel lei jou jaloerse besitlikheid tot woedeuitbarstings haaikaal huil […]