Bevryde Somer
Bevryde Somer daars ‘n laterige lente wat die somer stuurs weerhou en die droogte soos ‘n dryfsand deur valleie in laat vou (tussen hierdie lyne stuur ek my woorde na ‘n klam rivierloop en droom ‘n misreën teen my voetval vas; wyl ek sagkens kniediep in ‘n sagte stroom liefdeswater struikel, skuif ek die laat […]
DIE BOEMELAAR BINNE MY
Skatryk. Nee, stinkryk is ‘n beter beskrywing van hom. Hy woon in ‘n posh buurt in ‘n posh huis en ry met ‘n posh kar. Sy vrou is gewoond aan oorsese vakansies en het meer juwele en skoene as wat die gemiddelde mens ooit sal van kan droom om te sien, wat van nog droom […]
VERDWAAL? WIE? EK?
Ek loop al lank met die ding in my kop – ek is waar ek is en ek is wie ek is as gevolg van waar ek was. Hmm, ek sien jy frons. Met ander woorde, ek is vandag marthamaria omdat ek die pad geloop het wat g’n ander skepsel geloop het nie. Dieselfde geld […]
Die dood van ‘n kind
die dood van ‘n kind vorm pyn wat brand diep verby vlees en been tot daar waar lewe klop polsend, verstikkend remmend aan elke wand ‘n nimmereindigende tribulensie van asem snak vasgevang in dimensie wat wil knak jou laat treusel deur die dag laat wroeg in die nag geen trooswoord kan dié pyn versag geen […]
Laat-lente tuin
Laat lente het jy haar gevind Waar sy in jou tuin Van blom tot blom dwaal Soms ‘n bietjie langer stil staan Jy het na haar gegaan In bepeinsing oor waarna sy daar so staar Langs haar stil gaan staan In stille verwondering die prag aanskou Teer vat jy haar hand – spreek sy tot […]
Gaan die kaap ‘n moordvlakte oorleef?
Die Kaap se vlakte is ‘n broei plek vir hartseer en pyn en die lyding vir die mense wat daar woon is vir meeste mense maar ‘n suur na smaak in hul mond. Maar dit is alhoewel ‘n kind van segregasie ‘n weggooi kind en die karakter van ‘n weggooi kind sal altyd maar in […]
die houtbankie
naby die houtbankie in die park, dáár het jy vir my ‘n toorbos geplant en jou glimlag het die bome laat bot terwyl die wind uitbundig blare tart in die duiwe se kir is jou naam gespel en tussen die boomblare het die son soos blokkiesglas geflenter en stom na jou geroep jou kreukelhande het […]
Laat-lente se stof
my delila lippe lag fyn my voorkop is nat van bid, God en sweet en ek kyk weer in Sy oë; op na ‘n gewone wêreld wat niks weet nou jaag jou asem deur my are soos vroeg vanoggend toe die poue vêraf êê-êê met hul bont vere en deftige verwar my siel probeer die […]
Rugbytrots
Ons bly op ‘n besige hoek in Brakpan. ‘n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nu al gewoond aan die […]
Hoё hakskoene
Sy het vandag haar hoё hakskoene aan, sy het baie, baie lanklaas hoё hakskoene aan gehad. Vir baie, baie lank dra sy net plat skoene, plat skoene wat haar plat op die aarde hou en veilige en gesond is vir haar rug . . . Plat skoene omdat haar gees en siel nie nodig het […]