Nommerpas
ek haat syfers getalle nommers dit klink soos lewwetrie brommers niks van dit maak vir my sin maak nie saak hoeveel maal ek oor begin my klein brein kan net nie strek tot waar kos sin en tan salig vrek tog werk ek met een plus een is een want so weef jy wonderwoorde aaneen.
wedersydse liefde
– ek is lief vir die mooi blou see my liefde kom van ver terug af toe ek nog klein en soekend was – op die laaste bulte voor die see was die groot kompetisie aan oor wie sien die see dan eerste – by die strand (waar net see was) eers kamp opslaan en […]
Skeertyd in Namakwaland, Derik en die windhonde
Oom Piet is ‘n groot man, wanneer jy voor hom staan kan jy nie sien waar sy kop eindig en sy nek begin nie. So vra hy vir my om vir hom ekstra sonkragpanele op sy plaas in Namakwaland te verskaf, nie te installeer nie, want sy seun Derik gaan ‘n raam bou wat in […]
Ou bokke
Ou bokke smag ook soms na ‘n grasgroen blaartjie; en hulle pluk net die hoogste doringpeule (oud maar nie koud nie) steun hul lywe teen ‘n kokende riet sal olie op hoë golwe giet.
As die geestesgesondheid-blaartjies begin val
Ons sit langbeen en kiertsregop op die vloer en luister na die eentonige stem van die instruktrise. “Lift your arms high above your head and take a deep breath innnnnn and outttttttt – phwwwwww. Again. Deep breath, releasing all resentment and anger”. “I am in love with my life.” In plaas daarvan om met geslote […]
Die nagspook se kuier. (Brons)
(713 woorde) Hierts! Jou nagspook! Soos ‘n vallende klip tref ek die gang se vloer met ‘n hik. Ek probeer paniekbevange my oë soos ‘n verkleurmannetjie rond te draai, terwyl my neus die vloer geselskap hou. Ek waag dit nie eers om asem te haal nie, nét vir ingeval. Na wat voel asof tyd sy […]
Die meisie met die platform skoene
Dit is so die middel van 1970’s. Ons woon op ‘n plaas so vyftien myl of 24 kilometer vanaf Ladismith Kaap. My oudste broer Willem is in Standerd 9 of soos hulle deesdae sou se Graad 11. In die week maak my ouers en die bure beurte om “skoolkar” te ry dorp toe, maar ons […]
My erfenis
“Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar ons wortels bly as een.” Hierdie gepaste gesegde het my oog gevang toe ek op oom Google se inligtingsplasie gaan rondkuier. Daar word nie verniet gesê: “Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie.” Ons dna lê vasgewortel in erfgrond, […]
Ek en die internet. (Brons)
Woortelling: 350 woorde “Oupa Gert! Johannes gaan staan groot-oog, uitasem binne die deuropening. “Wat was dit?” Oupa plaas sy koppie hard langs die skootrekenaar neer en vryf vies die groter wordende nat koffiekol op sy hemp. “Kom Oupa!” “Ja, ja. Ek kom Johannes. My bene is nie meer so jonk nie.” Johannes staan nader, neem […]