Stil word vir God
daar bo-op Mariepskop daar raak ek stil en dank die Here vir goed groter as ek dis waar ek die Here my God vrees, want vrees vir my Here beteken dat ek Hom waardig ag bokant alles hier op aarde tussen rotse en klippe wat bokant my uitstrek waar net God se hande met soveel […]
ontsnapping (SILWER)
ontsnapping uit die kil koue kloue wil ek ontsnap sommer so – voor jy jou vingers klap is ek die krulkopkindjie klein en rein wat indruis teen wrede wêreldgrein ek is ʼn vreeslose vlinder fyn wat fladderend my lig laat skyn ek versamel veldblomme mooi deur die Vaderhand getooi ek dartelvoet deur die dae vry […]
Die keuses wat ons maak (Silwer)
Ons elkeen skoei ons lewe volgens ons eie keuses en gemak. Sommige van ons probeer die hoogste sport in ons beroep bereik. Ontsien geen moeite om soveel moontlik te leer, soveel moontlik tyd te bestee, en alles in die stryd te werp om tree vir tree daardie korporatiewe leer te klim nie. Ons leer soveel […]
Lewenstryd (Silwer)
Die onsekerheid in vele oë vind aanklank in menige stem wat wanhopig skree teen hierdie stryd se rem nooit het ons kon dink óf ons lewe daarvolgens beplan dat hierdie lot ons sou vind ‘n weemoedsnet om ons span stil en magteloos onseker oor die verloop totaal uitgelewer en broos verpletter in wanhoop al word […]
Soms
Soms wil ek ook breek soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots om in duisend stukkies te spat vloed oor ‘n oop strand terug eb in patrone oor sand en skulpe om weer heel te raak. © Julie 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Half Lewend
Uitgespoel staan ek kaalvoet op ‘n oop strand voor my breek branders binne splinter my siel agter lê ‘n land in skerwe ek voel anders noudat ek weet lewe en dood is sekondes weg van mekaar en liefde is maar net ‘n geloof ek tel ‘n klippie op en gooi dit in die see tel […]
Kennisse
ek staan op die drumpel van gemoedstoestande ervarings in lewensgroei terwyl besluite voorregte kry in omstandighede van vatbaarheid kennisse beweeg oor ons paaie geleidelik word hul deel van jou lewe terwyl jy sekeres toegang gee in jou spasie en ander nie weet jy verseker wie en wie nie die kuns om mense te lees kom […]
Ek het vandag vir jou gebid
Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra om elke oggend vir jou die mooiste sonskyndag te gee om jou op te beur met die mooiste blomme en vlinders wat jou dag inkleur. Ek het vandag vir jou gebid en vir God gevra om vir jou die kleurvolste reënboog in die hemel te […]