Zizzie hou partytjie. (Brons)
Zizzie maak gebruik van die son se vroegdag-strale om haar sag te streel terwyl sy kaalvoet oor die blare-tapyt trippel. Ligte herfsblare waai giggelgeel en oranjerooi bo haar goue krulkoppie rond. Orals om haar heen tiekiedraai die blare op maat van herfskleure. Zizzie hoor die grootmense praat van die grendeltydperk wat verby is. In fluisterstemme […]
UHURU – (BRONS)
RUBRIEK Junie 2020- Vryheid projek (BRONS) Uhuru. “Vryheid van die Namibiese kind”. Met die pas afgelope inperkingstyd vars in ons geheue, het die woord “vryheid” opnuut betekenis gekry. Volgens die woordeboek is vryheid ʼn toestand waarin ʼn mens nie in gevangenisskap verkeer, of teen sy sin aangehou word nie. Dit beteken ook dat die mens […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Ligteling
(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]
In my ma se tuin was daar ’n vyeboom
Mamma as ek kon sou ek vandag ’n draai by jou wou maak met melktert en geel blomme en sjokolade na jou smaak ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot; die paadjie na jou voordeur loop en aan die riffelruitjies klop ek sou langs jou sit op jou voorhuisbank en later deur jou tuin […]
Rietfontein
Rietfontein Vers 1: Daar is ‘n plek Waar die hart se seer vergaan Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal Daar doer in die ou Wes-Transvaal Vers 2: Hierdie plek klitsgras Aan mens se hart ‘n Plek wat die lawaai sus Met ‘n windpomp se draai Koor: Rietfontein, onthou jy my Na al die jare […]
Zizzie by ʼn feetjie konsert. (brons)
Zizzie by ʼn feetjie konsert. Vroegaand sit mamma my in die bed. Sy lees vir my en soen my sag in my nek. “Lekker slaap Zizzie, droom van feetjies fraai tot mamma jou weer môre kom wakker maak.” Met oë toe lê ek en droom in my bed – veilig en warm toegevou. Ek voel […]
Kan Jy Nog Onthou?
Kan Jy Nog Onthou? Vers 1: Ek onthou die sorglose dae Van kind-wees, van vry-wees Die goeie ou dae se dinge Vasgeweef aan my hart se lappieskombers Vers 2: Daardie dae was dinge so anders Het ons nog buite gewawieldraai En gehalte tyd as een gesin Om een tafel spandeer Voor-Koor: Kan jy nog onthou […]
Wense Vir Jou
Wense Vir Jou Vers 1: Mag jy nooit neersien op ander En dink jy is méér kosbaar Mag jy nooit ander se waarde Aan hul omstandighede bepaal Vers 2: Mag jy altyd goed sien in mense En mag hulle goed sien in jou Mag jy nooit jou lus vir wen verloor As die lewe suurlemoene […]
Teenstelling
Versugting Deernis Weet jy wie is ek of het ek opgehou bestaan jy het my dan self verwek al verdwyn my naam in die ouderdomswaan al wat jy nou kan onthou is om weer te vergeet totdat jy uiteindelik nie jou of my naam meer weet alles word uit jou geheue gevee sodat ons albei, […]