Gefabriseer
Kastreer elke sot en suurstofdief wat soos rotte met kinders teel en op straathoeke wegsmyt Hulpeloos haweloos van welstand beroof! G e f a b r i s e e r uit dwaasheid as ‘n las ©Loretta Szikra Nonet digvorm 20190205
Tyd!
Verskeie jong dames dans oor die veld vol blomme en sing goeie môre vir almal wat hulle verby gaan. Die voëls sing saam en dit word die lawaaierigste oggend wat die wolf in ‘n baie lang tyd ondervind het. Sy regter oog spring, die oorpluisies het ophou werk toe die vierde jonge dame haar mond […]
Die Heuwel het nie haasgate nie.
Kyk, wragtag skrik ek nie die paashaas nie. Ek verafsku hom. Klein wollerige hasies, konyntjies of springhase had ek nie probleme mee nie. Nee, daardie Haas Das mens haas met die groot blou oë; daardie haas bring die lelik in my uit. April maand is vakansie maand. Almal weet dit. Rondom Pase word verlof dae […]
huppel
met boetie aan haar hand huppel sy liggies oor die sand elke laggie uitgedruk in klanke wat gepaard gaan met kuiltjies rooi wangetjies so opgewonde elke kyk wat sy gee ‘n kiekie vas geprent in haar geheue so huppel jong mense deur hul lewens sonder vrees net in geloof daarsonder sou kinders nie kinders kan […]
Pappa kind
In die takke van onsekerheid en die bedekte blare van verlede, sit ek en dink oor jou. Met die son agter die gordyn, en die geskreeu van nagmerrie se stem, wonder ek, hoekom het jy ooit verdwyn? ‘n wind van hoop waai oor my gesig, en die vreugde van ‘n sonstraal breek die wolk se […]
Dag van die beduiwelde eiers
Ouvrou Wippers is toe nou uiteindelik dood. Askies dat ek sê “uiteindelik” maar ek glo die dorpenaars sal ieder en elk saamstem dat “uiteindelik” die regte woord is. Niemand is seker hoe oud sy was nie. Katryn Brilboks, die bibliotekaresse, het navorsing gedoen en die vroegste verwysing wat sy in ‘n ou koerantuitknipsel kon kry, […]
Die Nagmaal
Nagmaal is ʼn gewyde saak, nie iets waaroor mens grappies maak, maar daardie Sondag moet jul weet sal ek nimmer nooit vergeet. Ek het die nuwelinge gou opgemerk waar hul ongemaklik insluip in die kerk. Die pa en ma, dogter en seun. stigtelik gaan sit een vir een. Was Kleinboet nog nooit in die kerk […]
My skuld
Sy staan in die driehoek – viktim, redder, kind – steeds aan ons gebind – weer eens ingetrek by die verskrikking geensins vir haar boek, want sy sál weet wat nou weer hier gebeur, moet ingelig wees, selfs kan raad gee, moet kan sien en moet kan hoor, moet kan oordeel wie is reg, wie […]
Sport en so en dit
Waar was ek die afgelope paar weke? Ek gaan jou nou nie verveel met die details nie. Kom ons sê maar net alles wat moontlik skeef kon loop, het. My oog wat altyd aan die spring raak as ek gespanne of geïrriteerd raak (jip, my nervous twitch) het opgehou om te spring en sommer ontaard […]
Boetman en die Baber (Brons)
Vader was ‘n visserman. Hy was deel van Abramskroos. So suinig soos die hel van self, sou selfs vir Scrooge laat bloos. Boetman was sy vakleerling, Uit sy pa se aangesig gesny. Menig dae sou die twee saam na Valie se visgat toe ry. Moddertrappers en slapsalies word aan die hoek gestring In doodse stilte […]