Duitse Hof- of Plaasname
Duitse Hof- of Plaasname Vyftig en meer jare gelede het iemand vertel oor die kartering van die Zuid-Afrikaansche Republiek (meen ek), en die landvermesser het in ink die opstal van ‘n plaas daardoer êrens ingeteken. Toe vra hy, hoe die plaas heet. Nee, hy het geen naam nie, kry hy as antwoord van die boervrou […]
Resensie: PRECIOUS, die film.
Precious, die film ‘n Lelike meisie in New York, sestien jare oud, vet, swart en dom, is swanger. Haar vader het haar nou al die tweede kind gegee. In die loop van die verhaal hoor ons dat hy aangevang het toe sy drie jare oud was. ☼ Maar nou word sy uit die skool geskop […]
RESENSIE: BAL, Heuning, die film
Resensie: BAL, die Film Gewoonlik vang mens in ‘n reeks met die oudste kapitel aan, dit wat as eerste gebeur het. Hierdie film, die derde, beskryf die kindheid van iemand wie se lewe as volwassene al verfilm is. ☼ [BAL (Heuning); 2010; regie, boek: Semih Kaplanoğlu, met Bora Altas as Jusuf, die kind, Turkye/Duitsland] ☼ […]
Resensie: MY HART DANS, die film
My Hart dans, die film ‘n Seuntjie kom in die winkel om kaas te koop; die winkelier is besig met pryse uitreken met ‘n leweransier. „Hoeveel kos drie-honderd kilogram van dit-en-dit teen soveel-en-soveel ‘n kilo? En twee-duisend liter van dat? En dat…? En dat…? Nou my kind?” Soos uit ‘n pistool kom die antwoord geskiet, […]
~ Sestien jaar gelede het ek vir die eerste keer begin lewe ~
Vandag, tien jaar gelede, staan ek vroegoggend langs ons swembad in Upington, met ‘n koel luggie wat deur my hare speel. Ingedagte skep ek verdwaalde blare uit die swembad en my gedagtes draai soos altyd rondom my leë baarmoeder, rondom die doodsheid binne my. Twaalf verspilde jare kleef aan my vlees, laat my wees, want […]
Bessie: slot
Toe sy in haar koshuiskamer kom, lê Chantelle uitgestrek op die bed. Sy het oorfone in haar ore en lê toe-oë na musiek en luister. Dit lyk asof sy slaap. Bessie haal die rok uit die boks en hang dit aan ’n hanger teen haar kas. Die skoene sit sy netjies op die grond onder […]
Bessie: 8
Die naweek breek aan en Bessie word mismoedig. Sy het so lanklaas iets geverf of geteken, maar sy voel nog nie reg om na juffrou Malherbe se huis terug te keer nie. Sy het nog nie weer met die juffrou gepraat na die besoek aan haar kantoor oor die tas-insident nie. Bessie moet erken, sy […]
Bessie: 7
Dit is weer Maandag. ’n Week is verby sedert haar ma oorlede is. Vanoggend toe sy wakker word, het sy vir ’n oomblik vergeet waar sy is. Dit het haar ’n tydjie geneem voor sy besef het sy is in die koshuis. Sy het opgestaan en aangetrek en saam met die ander kinders eetsaal toe […]
Bessie: 6
Die Saterdagoggend kom maak juffrou Malherbe haar wakker. Sy gee vir Bessie koffie en sê sy moet aantrek, hulle gaan sommer vroeg al by die koshuis ’n draai maak. Bessie staan traag op en trek aan. Die koshuis is loopafstand van juffrou Malherbe se huis af en hulle stap sommer die entjie daarheen. Op pad […]
Bessie: 5
Die man kyk na Bessie. Niemand sê iets nie, daar hang ’n doodse stilte in die kerk. “Goed, ek sien julle het mekaar al ontmoet!” hoor Bessie mevrou van Eyk se stem agter haar. Die maatskaplike werker kom die gebou binnegeloop. Nie die man of Bessie antwoord op mevrou Van Eyk se opmerking nie. “Wanneer […]