Resensie: Bach in Brasil, die film
Resensie: Bach in Brasil Twee-en-veertig jare gelede was hulle beste vriende, Karl en Marten, en het graag saam met hobo en eufonium musiek gemaak, ‘n riet- en ‘n blikblaasinstrument (soortgelyk met ‘n tuba). Veral Bach het hulle graag gespeel. Toe emigreer Karl, en Marten verwyt hom dat hy eenvoudig „gedros” het. En toe hang Marten […]
RESENSIE: Wadjda, die Meisie en die Fiets, die film
In ‘n land sonder bioskope word ‘n film gedraai. In ‘n land waar vrouens so te sê sonder sivielregte is, draai ‘n vrou ‘n film. In ‘n land waar vrouens en meisies vanaf twaalf slegs met sluier op die straat mag verskyn en nie fiets mág ry nie, sit ‘n meisie alles in om in […]
RESENSIE: Die Seun met die Fiets, die film
Die Seun met die Fiets Cyril (sê „Suuríél“) is so elf, twaalf jaar oud, en sy pa het hom „voorlopig” in ‘n koshuis gebring omdat hy met sy eie lewe nie kon klaarkom nie. Wie sal hy nog ‘n kind grootmaak? Na ‘n maand kry die seun gedurig „geen verbinding onder hierdie nommer nie” wanneer […]
RESENSIE: Finn en die Toorkraft van die Musiek, die film
Finn en die Tower van die Musiek Die negejarige Finn woon saam met sy pa op ‘n plattelandse dorp. Hy speel glad nie graag sokker nie; hy is veel te dromerig en vergeterig op die veld. Op pad huistoe na die oefening eendag lok hom ‘n kraai na ‘n geheimnisvolle, leegstaande plaashuis, waar hy ‘n […]
Bessie: 4
Woensdagoggend. Dis vroeg, sommer nog donker en Bessie lê wakker. Sy hoor die bosduiwe koer, so dit kan meer te lank wees voor die son gaan opkom nie. Sy wonder wat het van die duif geword wat teen die venster vasgevlieg het en of hy seergekry het. Sy lê en dink sommer aan alles en […]
Bessie: 3
Dinsdagoggend. Gisteroggend dié tyd her haar ma nog geleef, dink Bessie. Dit is die periode net voor eerste pouse, Sy het nou Engels. Die juffrou praat aan en aan, maar Bessie hoor nie ‘n enkele woord nie. Sy dink aan gister en al sy gebeure, haar ma en die gesprek gisteraand met juffrou Malherbe. Toe […]
Bessie: 1
Die skoolklok lui en kondig die einde van die Wiskunde periode aan. Bessie lig haar kop van haar arms af op en kyk lui om haar rond. Almal pak haastig boeke weg en gesels opgewonde, want dis huistoegaan tyd. Bessie kyk af na die skryfboek voor haar. Sy het hoegenaamd niks van die somme gedoen […]
Hoop op Oukersaand
Zoey klou aan haar swart-en-bruin speelding; haar trane val geluidloos op die sagte koppie. Selfs met haar naglamp wat wys dat daar niemand anders in die kamer is nie, klop haar hart vreesbevange. Net Emmy kon die monsters weg hou. Net Emmy kon haar wêreld rustig maak. Sy vee haar trane af op Fudge, die […]
Meisiekinders van my Hart
Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my, in die fleur van jul lewe, staar jul deur my laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer. ‘n Moederhart sing van plesier, want gebede het waar geword. Eens in verhoudings verstrengel, raak gebede die toppunt van my lewe. Blou oog pragtig, verras […]
Jou foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]