AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot waar […]
Saphira en die Skikgodinne
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop ongeduldig op en af in die gang voor die gekerfde dubbeldeure. Deure wat lei na ‘n biblioteek wat sy nie mag binnegaan nie. Vir die beste deel van twee dekades irriteer die feit dat net ‘n MacKeltar die biblioteek mag ingaan haar grensloos. Angus Campbell – Eolande MacKeltar se man […]
Verby die berge blou (slegs vir kleine kinders)
Êrens op ‘n ander plek, verby die berge blou – daar waar dit maar selde reën, maar darem tóg so dan en nou – woon ‘n kleine, kleine meisiekind, (haar hele lyfie, koperbruin). En elke oggend, laterig – sodra die hete son verskyn – sit sy voor haar huisie in die skadu van ‘n klip […]
SPOOKASEM
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]
Saphira se Storm
Saphira hou die swartkop seuntjie dop wat rondhardloop met sy klein boog en koker vol pyle. Hy’s nogal goed daarmee – vir ‘n klein monster. ‘Kyk, Saphira! Ek gaan jou op jou wit vlek skiet!’ skree hy parmantig en mik vir haar. Sy gluur vir hom. Niemand – niemand – hou ‘n wapen na haar […]
Troosteloos
as blomme pyn kon stil sou ek langsteel lelies pluk en dit in erdekruike op die vensterbanke van jou roomgeel huis rangskik sou melodieë van weleer jou gebroke hart kon heel sou ek We’ll Meet Again, As Time Goes By en The Last Waltz vir jou speel as die lig van duisend vlamme tot […]
Demensie
My ma sê sy kan nie uit die huis kom nie want dit vervul jou met angs, en sy vrees dat – indien sy nie vinnig weer tuis kom nie – daar woede en vrae in jou stemtoon sal wees. Sy sê jy het weer in die nag op gestaan – slaaploos, verward en vir […]
Gediggie vir kinders: Die Hoorlosie
‘n Gediggie wat ek oor ons almal se stryd met tyd in die oggend het, veral om die kinders uit die bed te kry! DIE HORLOSIE Ons hele lewe is ‘n gejaag na en draai om tyd. Kompleet soos ‘n klop rugbyspelers se stryd om ‘n bal in ‘n rugbywedsryd! Dit is asof die tyd […]
Gediggie vir kinders
DROOM VAN ‘N JAPSNOET My keel trek op ‘n knop. Dit is alweer Sondagmiddag! More-oggend moet ons weer dou voordag op, Want more is dit alweer Maandag Ek wonder vir wat hulle dit Maandag noem. Seker omdat die maan nog nie eers weg is voor ons op moet staan, en my selfoon se alarm op […]