MY DOGTER
Tien jaar gelede het jy jou eerste lewenslig aanskou, van die eerste oomblik was ek baie lief vir jou. Jy met jou ogies so blou, jy met jou liefde so opreg en getrou. Jy het my hele hart gesteel, ek wou jou met niemand deel. Jou koms het ons lewens betekenis gegee, Jy is meer […]
GEDIG VAN N KIND
Mamma hoekom baklei jy en my pa? Pappa is jy nie meer lief vir my ma? Julle maak my hartjie so seer, as julle so baklei,gil en skree. Wil julle my nie meer he, ek sal weggaan as julle so se. As ek by ouma gaan bly, sal julle dalk minder baklei. Pappa en as […]
SPOOKASEM (vir Natalia – lente 2016)
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]
MY KINDERS
As ek die dag hier weggaan, dan moet jul net verstaan. Moet my asseblief nie haat, uit eie keuse sal ek jul nooit verlaat. Tog sal ek altyd by jul wees, al is dit net in gees. Oor julle,my kinders,sal ek waak, selfs al kan ek nie aan jul raak. Jul hartseer en pyn sal […]
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
KOM HUIS TOE
Met ‘n handjie vol modder, ‘n mondjie vol sand, Mamma is hier aan die anderkant. Bring jou dogterjie hart, jou blonde koppie, tot hier by Mamma, my Skat. Wanneer die son vanaand sak, dan lê jy jou lyfie by my neer, sodat ek vir jou liefde medisyne kan gee, vir al die seer. Ek sal […]
Dialoog (HELP!!) …
Hallo julle Ek het dringend (vandag nog) ‘n dialoog nodig wat twee hoërskool dogters kan voordra. Daar is nie ‘n spesifieke tema nie. Is daar dalk enigiemand wat op sulke kort kennisgewing dalk ‘n dialoog êrens in hulle argiewe het wat ek kan gebruik? As jy dalk het, epos my assegrootasseblief (borrels47@gmail.com) Baie dankie!
Saphira in die Donker Woud
Die stilte van die woud omvou die swart-en-bruin Feetjie Hond. Die baie geraas wat die Feë en mense in Kasteel Campbell maak gaan haar nog mal dryf. Sy kan die mos en varings ruik onder die dennenaalde wat soos fyn reën van die hoë bome af sif. Sy weet dit beteken dat die wind hoog […]
Saphira en die Getoorde Skêre
Saphira loop deur die woelige kasteelmuur. Die grond is goed platgetrap en geen gras kan meer daar gesien word nie. Net die klippaadjie wat van die kasteel na die biblioteek lei breek die bruin eentonigheid. Houtstalle is opgerig vir die perde wat saam met die krygers ingetrek het. Saphira kan die soet strooi ruik. Net […]