IN AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
#Nataliamaythemusicbewithyou
en jy wens jy was ‘n punkrocker met blomme in jou hare ‘n hippy met ‘n lang romp aan uit die sestiger jare maar ek wens jou meer as net nog een in die skare ek wens vir jou ‘n punkrock song en vlegsels in jou hare * ek wens die eenvoud van ‘n solo […]
Sussies
Eens was daar drie sussies en onthou ek uit vergange se dae n kiekie iewers so soortgelyk aan hierdie foto erens in n album Spits ek my oe op die foto en word verlange so groot aan eens onder n moerbeiboom saam pop, pop gespeel Soggens vroeg het ons saam die ganse en hoenders gaan […]
Blameer die Lente
Ma, ek was nie dronk nie. Die lente was in die lug. Die wind was in my hare, die see en die sand en die sout. Die son was teen my rug en ek onthou (na soveel jare) dat ek wou dans . . . * Ma, daar was ‘n tafel in jou huis in […]
JESUS EN DIE KINDERTJIES (Matt 7 – Matt 9)
“Weet julle wat sal vir my baie lekker wees?” “Hoe sal ons weet?” vra die kleinste enetjie onder die groepie kinders wat rustig onder die boom speel. “My grooste begeerte is om eendag op Jesus se skoot te sit en om in sy oë te kyk. Het julle al die liefde in sy oë gesien?” […]
Vir Natalia . . . noudat jy 16 is (enkele gedagtes)
my kind: die een jaar volg die ander tyd staan nimmer stil en sestien’s net ‘n oomblik lank geen uur is te verspil onthou – voëls vlug deur die hemel daar’s rusplek op die grond bloeisels vly teen takke die volmaan tinkan rond die herfs se son is lou my kind die winterwind waai koud […]
Oumense en Elfies
Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor en ons sit al klaar in ons drome verloor om grootoog met muisoortjies te luister wat Oupa se elfies saans vir hom fluister! En Oupa vertel van die Son en die Maan en van elfies wat ook maar eendag doodgaan… Maar Oupa se stories sê darem bý Oupa […]
Saphira en die Biblioteek onder die Berg
Cian het besluit om by hulle te bly na die hele eenhoring-en-dwerg-ding. Eolande, natuurlik, is baie opgewonde daaroor. Jade, soos katte maar is, is ongeërg. Saphira daarenteen voel omgekrap. Sy weet daar’s nog baie wat hy haar moet leer oor hoe ander Feë hul towerkragte gebruik, maar dit voel amper asof hy haar oppas na […]
…..Fantasie van weer kind wees…..
Rondomtalie draai, ek is tien jaar oud en dit bring vir my die grootste vreugde. Hardloop ek weer tot by die swaai, voor ek my weer kan kry swaai ek tot by my jeug, voel ek altyd soos die een wat altyd uit is, die een wat nie in pas nie, word ek weer van […]
ENGEL(S)
ENGEL(S) My oupa sê daar’s engels in die hemel. Hoe sal ek kan regkom daar? Want ek kan glad nie Engels praat!