POPLAP
Stukkend. Neergesmyt. Jou voet in skerwe opgebreek. Weer vasgeplak, gegom. Elk’ deeltjie op sy plek. Dis jy, my kind. Hoe word jou hart weer heelgemaak? En watse gom sal hom kan plak? Jesus bloed is gom vir jou. Die stukkies opgetel, ‘n plek gekry, vasgeplak en toegedraai. As iemand kyk, sal niemand weet jou hart […]
KIND DAAR VER
Meisiekind daar ver, jy’s nooit te ver om aan te dink. Jy is met liefdes koorde aan my vasgebind. Jou seer is myne ook. Jou vreugde bring vir my geluk. Gebed is lyndrade Wat ons verbind en Ons laat vrede vind.
RESENSIE: Die film, PHILOMENA
PHILOMENA, die film Philomena Lee, ‘n ierse meisie van veertien, het ‘n ou by ‘n kermis leer ken. Toe die swangerskap duidelik sigbaar was, is sy aan die Magdelena-Orde afgegee. Hier het sy met duisende ander ongetroude moeders in dosyne tehuise onder die swaarste ontberinge, as sondaar, haar lewe verbring. Haar familie het […]
Ons beurt om te doop
Ons doop, of eerder, na vele probeerslae om die datum vasgemaak te kry, doop dogter en skoonseun uiteindelik hul klein mannetjie. Hy het al selfs sy oorspronklike doopklere uitgegroei, maar as ‘n klip in jou pad gerol word, moet jy maar daarom werk, al neem dit ‘n ruk! Nou ja, ons suiker af Oos Kaap […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
dondernag vannag
DONDERNAG Die wêreld van vandag, die kinners van vandag! Maar dis mos soos kinners maar is, nè? Onbetroubaar, sê ek jou. Werklik on-be-trou-baar! Die jeug van vandag! Eerlik man, nee! So kan dit nie aangaan nie. „Oupa, dit het in die nag vreeslik gedonder…” „Wa-at?! En niemand het my gewek nie? Julle weet mos dat […]
Winterhitte
Hy weer die winterkoue uit ons handjies wat in syne saggies fyn inlas want hy’t ons lankal mos geleer dat in ons vóél die hitte van die lewe pas. So, hand-aan-hand, loop ons geselsend deur die snerpend’ kou’ oor witgerypte gras en Oupa praat die winter aan die brand met stories toe hy self ’n […]
Saphira se Onmoontlike Keuse
Die swart-en-bruin Feëtjie Hond slaak ‘n sug van verligting toe hulle haar beskermling se kasteel binnestap. Eolande lyk vir haar uitgeput na hul rondswerwinge deur die berglande. Net Cian lyk asof hy nog verfris is. Maar dan, Saphira is nie seker watter tipe Fee hy is nie. Sy ken hom al vir maande en steeds […]
Saphira die Magtige Feëtjie Hond
Saphira en Cian sit langs mekaar op ‘n duin en hou Eolande dop waar sy skulpies op tel. Die Feëtjie Hond het haar towerkragte gebruik om haar beskermling in waterdigte skoene en broek te klee. <Om haar so naby aan die see te sien maak my onrustig,> sê Saphira. ‘Hoekom? Die Selkies sal nie weer […]
Fiela
Die middelste een vra mos min en as hy vra dan luister die Ma. Dis ʼn gesellige luim in die kar op pad terug van ʼn familie kuier. Elkeen het sy spreek beurt. Die middel een wag geduldig. Onderwerp? Troeteldiere. Elkeen uiter ʼn wens van die ideale troeteldier. “En jy Rhee kind, vra ek”? “Mams. […]