Slapeloos in die voorstad
Mamma, is jy wakker ek kan nie slaap nie, Ma. Dis twee-uur in die oggend en dis donker hier by my. Buite in die straat ry ‘n kar nou net verby – deur skrefies in die blinding breek die maan. Mamma, ek tel my vrese een vir een en soms lê ek en wonder of […]
God het sy punt gemaak
Anel Steyn 01.05.1988 – 29.05.2014 Voor in die kerk moet ek vandag sit, Tussen sakdoeke, swart pakke en hande wat bemoedigend oor my streel en saam met my bid. Bid vir jou, my kind. Bid vir my. Hier is baie mense. Familie en vriende, selfs ‘n onbekende gesig of twee. Hulle huil oor jou, my […]
ROND GENOEG.
Saterdagoggend. Bokka is nie hier nie, maar om langs die see en al met die strand langs te stap, voel ek sy teenwoordigheid in die gees. In my kop gesels ek met hom. In my ore hoor ek hom antwoord. Agter my ooglede sien ek hom. Daar is geen rede hoekom ek haastig moet raak […]
n Kreef hoort in die see
ʼn Paar Desembers terug besluit ek om vir tien dae met my kinders ʼn weskus dorpie te gaan ervaar. Ons kry die eerste huisie reg by die visserskuite amper op die strand. Ons boer op die sand. Ons geniet die eenvoud van die weskus. Kinders is kinders en die drie van my speel gou saam […]
GEBED VAN ‘N MA VIR HAAR VOLWASSE KIND
Al kan ek jou nie meer, soos lank gelede, aan my boesem hou, kan ek nog steeds, in die gebed, my arms om jou vou.
Onthou om te huppel (vir Klarissa, met haar 21ste verjaardag)
Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ‘n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ‘n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor streel […]
Mamma se kaggelvuur
mamma wie sit daar op jou skoot my handjies is blou en dit kraak buite huil die windjie se hart hy weet ook jy is lankal dood die takke wat krap op die dak klink kwaad vir stoute winter die blommetjies het net gevrek en miere maak nes op die rak maar binne dans die […]
Daar was ‘n mossie in Parys (vir Natalia ~ lente 2015)
die lenteson kruip weg, my kind die wind waai koud, ek weet die wolke lyk na reën, my kind maar laat ons nooit vergeet: die witste lelies kelk deur modder die hardste klip slyp tot diamant en die mooiste, mooiste sterre lê tussen ruwe rotse op die sand * mag jy woon in kamers vol […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot […]
Gister is ‘n ver land (ballade vir Mary-May)
Vér in die verre verlede op ‘n dag in 1910 het die mooiste kleine baba haar eerste lewenslig gesien en wyl sy wieg in moedersarms was haar pa so trots en bly hy sing vir haar ‘n lullaby en hul noem haar, Mary-May. In die herfs van 1930 stap Mary langs die strand en ontmoet […]