Aan al ons lieflike asjassies!
As oupa en ouma net rêrig kon sou ons vir jul al’s gee: Die maan, die son, tienduisend sterre om daarmee te speel; saans weer die wind om jul saggies te streel. Stringe doudruppels -met sonlig bespat- sou ons elk’oggend na julle toe vat om heerlik daarmee ’n drankie te maak wat na die lente […]
Ek wens vir jou ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
DAAI DROPHÊNDELS
[Na aanleiding van ‘n vertelling oor fietse en ander rytuie deur Hennie Fritz, het die volgende staaltjie uit my herinnering boontoe geskiet.] Daai ding met die drophêndelsfietse! Die ander naam vir drop, hondebloed, kom daarvan want dit proe regtig na bloed — in hierdie geval, neusbloed. Jy sal weet wat ek meen, as jy al […]
Die vrug van jou skoot
Mamma, toe ek klein was was ek soos bloeisels vir jou oë ragfyn sag en kneusbaar broos in perskepienk en appelkoosblomwit wat ontbloot aan naakte takke sit swanger aan belofte lentegeur en hoop. * Mamma, hier in Meimaand hang my perskeboom se blare so herfsdor aan hul takke. My appelkoosboom het – na sewe jaar […]
Bagasie kan vervang word!
Dis pure blatante verwaande breë-bors trots wat my dié ding laat doen. Sy was van die begin af, nog voor geboorte al, in yster gegiet. Dis soos die Here haar gemaak het. Geskep het. Volgens plan. Sy plan, en ek het daar niks mee te doen gehad nie. Genadiglik. Haar geboortedatum moes ’n maand voor […]
Fluweel gordyne
Agter toegetrekte fluweelgordyne Oorspronklike skilderye wat hang Tree vir tree oor persiese tapyt Goue raam om die massiewe spieel My eie gestalte omring met weelde Alles in oormaat met smaak geplaas Antieke meublemente perfek op plek Elke ornament met die hand gekies Elke foto van kinders groot en klein skitter nou in afwesigheid uit silver […]
Die twee Susters
Lank gelede is dit al – daar het ‘n gesinnetjie geleef: Pa, Ma en twee liewe klein dogtertjies. Hulle was welgesteld en het aan niks geskort nie. Altwee, die Ma en die Pa was besorg dat hulle kindertjies net die beste sou kry, net die gesondste kos en fynste kleding, die beste, nuutste opvoedkundige speelgoed, […]
In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding.
Episode een. Vanaf die dag wat ek sinvol gedagtes kon begin saamvoeg en bewaar en al die sonsondergange sedertdien, was daar ’n voertuig van die een of andere aard wat haarself binne-in, of ten minste baie naby aan, die kern van elke gebeurtenis en ervaring kom neerplons het. Die ander aand om die etenstafel het […]
AMETIS (dis in die klip)
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Vasti
jy met jou grypende handjies en glimlag skitterwit tandjies met jou sagkens tone loop wat dink jy kan almal omkoop daar’s niks wat jy sal los net ek weet hoeveel geduld dit kos maar by dit alles saam, jou lieflingskind, gevoelens is nes die wind!