Resensie: Die film, Soos die vader so die seun.
Wat soms gebeur, nie dikwels nie, is dat in die bes-gereëlde geselskappe, ook in die bes-gereëlde inrigtings in ‘n geselskap, ‘n fout ontstaan. Ewe in ‘n hoogs-industrialiseerde, higiëniese volk met ‘n hoë vlak van opvoeding soos in Japan kan dit gebeur dat twee kinders in ‘n geboortekliniek per abuis uitgeruil word. Dit gebeur in die […]
Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder
Wat is ’n huis sonder ’n Moeder In my Ouma se huis in Johannesburg was daar in die sitkamer ’n pienkerige porseleinbordjie teen die een muur met die woorde: “Wat is ’n huis sonder ’n moeder”. As ek reg onthou, dan het daar in ’n tante of ’n verlangse familielid ’n langwerpige geraamde plakkaat met […]
Die Avonture van Jannie en Gertjie Deel III – Laaste Deel.
Dit is Jannie en Gertjie se eerste skool vakansie in die hoërskool, hulle loop so tussen pouse tyd op hulle laaste skooldag oral op die skoolgronde rond en gesels en beplan oor wat hulle alles die vakansie gaan aanvang, “Jy weet Jannie ek dink dit is weer tyd vir tok-tokkie speel” terg Gertjie. “Ag toe […]
Die Avonture van Jannie en Gertjie Deel II
“Môre môre my maaitjie gaan dit goed met jou?” vra Gertjie vir Jannie toe tannie Rita vir hom die deur oopmaak, Gertjie is mos natuurlik nou al so te sê familie, hulle is al van kleuterskool dae al maats. “Môre, ag toe ! Ons begin Maandag met hoërskool, ons kan nie vir mekaar nog loop […]
Die Avonture van Jannie en Gertjie. Deel I
“Okay Jan, jy klop en dan hardloop ons, is jy reg?” Gertjie het weer daai stoute kyk in sy oë. “Hoekom klop jy dan nie?” vra Jannie, en probeer ‘n slim uitweg vind. “Want ek sal gestraf word as die tannie in die huis my ma sê” antwoord Gertjie bang terug. “O okay” is al […]
Pietertjie Verjaar…
“Kom kom tyd om wakker te word, iemand verjaar vandag !” oom Koos probeer vir Pietertjie wakker maak, dadelik spring Pietertjie op uit die bed. “Hallo pappa, waar is my geskenkies, hehe” giggel Pietertjie terwyl hy sy bed opmaak, hy is darem al 13 vandag, en hy maak sy eie bed op al van 10 […]
Meisiekinders van my Hart
Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my, in die fleur van jul lewe, staar jul deur my laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer. ‘n Moederhart sing van plesier, want gebede het waar geword. Eens in verhoudings verstrengel, raak gebede die toppunt van my lewe. Blou oog pragtig, verras […]
Danel (3 Jaar)
My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind. Met elke dag wat verbygaan is jy besig om my te help om die waarde van leef te vind. Ek glimlag wanneer ek na jou kyk (en selfs as ek met jour raas) want jy is soos jou mamma al is daar gesê jy gaan nie wees nie. […]
Brief aan my kroos
Wanneer die kersvlam flikkerend verflou sal jul o sal jul my dierbare kroos die omgee en liefde van jul mamma onthou Soos donderweer dreun weet ek was ook bang maar dis net Liewe Jesus wat Sy reëndruppels vang so wees dan nooit bevrees kyk ek sal in die wolke wees As jul voor ‘n kruispad […]
KLIPPE SKOP OPPAD HUIS TOE
Die ingevoerde gietyster skoolklok dril van lekkerkry as Meneer aan sy naelstring hang en ons geleerdheid in meelsakkies verpak oor ons skouers gooi Ons ploeg ‘n stofstorm in die optog hek toe op want Dawid se donkiekar se as lê soos argiefmateriaal verstrooid op die grondpad en ons moet huis toe stap met Bata skoene, […]